Local newsNews

Leer ‘n Randfonteiner ken #5 – Adily Swart

Die vyfde persoon in die Herald se gewilde ‘Leer ‘n Randfonteiner Ken’-veldtog voorgestel.

Dié week se Randfonteiner om te leer ken is Adily Swart.

Sy is ‘n verkoopsdame by Lombard Tyres in Kennethweg, Greenhills. Al is Adily die enigste vrou tussen die mans in die werkswinkel, weet sy ook ‘n ding of twee van motors en wys die manne so nou en dan wie’s baas. Adily se stokperdjies sluit in skilder en motorfietsry.

Sy woon die afgelope twee jaar in Randfontein en soos ‘n ware ‘Teiner het sy verduidelik waar sy woon.

“Dis mos net hier,” lag sy.

Adily Swart, is die enigste roos tussen die dorings by Lombard Tyres.

Adily moes haarself in drie woorde beskryf en het gesê, “Vriendelik, liefdevol en vol energie.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button