NewsSchools

Riebeeckranders kan redeneer!

Riebeeckrand is wyd bekend vir uitstekende redenaarprestasies.

Hoërskool Riebeeckrand het op 8 en 9 Februarie hulle interne redenaarskompetisie gehou. Die skool is wyd bekend vir puik redenaarprestasies.

Die 33 deelnemers het die beoordelaars beïndruk met hul uitstekende redenaarstalent en selfvertroue. Tydens die kompetisie is ‘n wenner in elke graad aangekondig, asook ‘n algehele junior- en seniorwenner. By die Graad 8’s was Devonique Breedt die wenner en Aart Oudbier die naaswenner. By die Graad 9’s was Annemarie Bekker die wenner en Anika Kotze die naaswenner.

Minette Biggs was die Graad 10-wenner en Janesce Venter die naaswenner. By die Graad 11’s het Corinne Human as die wenner weggestap en Ju-hanie Wilken as die naaswenner. By die Graad 12’s was Dewald Naudé die wenner.

Die algehele juniorwenner is Annemarie Bekker. Devonique Breedt was tweede en Anika Kotze derde. By die seniors was Dewald Naudé en Corinne Human gesamentlik die algehele seniorwenners. Ju-hanie Wilken was derde.

Die redenaarsleerders en -spanne gaan gedurende die jaar aan die volgende kompetisies deelneem: ATKV Huistaal en Addisionele Taal, Spraakgilde (spanne), Kempton Park Kunstefees (spanne), Raca (individueel en spanne) en NEA (individueel en spanne). Sewe spanne gaan deelneem.

Elzeri Wright, Hoërskool Riebeeckrand se woordvoerder, het gesê, “Ons is baie trots op al die leerders wat aan die interne redenaarskompetisie deelgeneem het. Ons sien ook met verwagting uit na hul goeie prestasies”.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button