Local newsNews

Kleintjies se boodskap: Ons moet mekaar liefhê

Valentynsdag is dalk verby, maar dit beteken nie die liefde moet stop nie. Hier is twee kinders se boodskap aan die publiek Valentynsdag is dalk verby, maar beslis nie die liefde nie.

Hoekom word liefde net een keer ‘n jaar op 14 Februarie gevier? Hoekom nie heeljaar nie?

Dit is al Maart, maar ‘n trotse Ouma (Letzi) en Oupa (Frans Lottering) in Randfontein wil graag vir die publiek van hul liefde vir hul kleinkinders vertel.

Kalista (nog nie ‘n jaar oud nie) en Reegan Lottering (2 jaar en 10 maande) is hul kleinkinders. Hul ouers is Quintin en Cindy Lottering.

Gevra wat die kleintjies se boodskap vir Valentynsdag was, het Oupa geantwoord dat Kalista gesê het, “Liefde is om mekaar lief te hê”, terwyl Reegan se boodskap ‘n gedig, deur Joanna en Karl Fuchs was …

I wish health, love and happiness to my family;

I’m so happy to be one of you.

You’re always so caring and giving to me;

You support me in whatever I do.

I’m proud to be part of this wonderful group;

Oh … and Happy Valentine’s Day, too!

Oupa Frans het ook vertel dat Reegan baie musiekgeletterd is – nes sy Ouma. Hy is al van babatyd af aan klavier, blokfluit, dromme, kitaar en sang blootgestel. Hy praat Afrikaans en Engels, en was al lid van ‘n Little Kickers-sokkerspan.

Kalista is baie lief vir haar boetie en sy dink hy is awesome. Sy hou hom heeltyd dop en lag uit haar maag as hy iets snaaks doen en sê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button