Local newsNews

R’fonteiners sê hul sê oor begroting

So voel Randfontein oor gister se begrotingsrede. Sê ook jou sê.

Op 22 Februarie, ‘n dag nadat die Minister van Finansies Pravin Gordhan sy begrotingsrede gelewer het, het die Herald die dorp se inwoners hul mening gevra.

Mollie Grobler, 71, het gesê sy kry Gordhan maar jammer want hy het ‘n moeilike taak. Hy moet almal gelukkig hou. Karen van Saasen en Lourens Groblaar het gesê, “Dit is nie sleg nie, maar die bejaardes kry al klaar baie swaar. Hulle kon darem meer vir hulle gegee het”.

Ghulum Shahbaz,28

Nelie Lahner, 74, voel dat daar beter vir al die arm mense en bejaardes gesorg moet word. Sy het bygevoeg dat korrupsie nie toegesmeer moet word nie, die skuldiges moet aangekla word. Helen Smit, 51, het gesê dis ‘n jammerte dat die plesiere van die lewe gestyg het en dat die petrolprys weer opgaan. Jaco Jooste, 46, het gesê, “Dit is pateties, maar ek sal maar net aanhou rook”. In verband met die staatspensioen is sy mening dat die bejaardes net ‘n pakkie hoender sal kan koop, dan is die bietjie wat hulle ekstra gekry het, klaar.

Carol Erasmus, 45 sê dit is ‘n grap.

Estelle Oosthuizen, 70, stem saam met Jooste oor die staatspensioenarisse se klein verhoginkie en wat hulle nou ekstra gaan betaal. Carol Erasmus, 45, beskou dit as ‘n grap, en dat die staatspensioen en kindertoelae gans en al te min is. “R20 ekstra vir die kinders … jy kan skaars ‘n brood daarmee koop”. Wynand Kaltwassser het gesê dat die hoër prys van sigarette hom nie veel pla nie, maar mense kry swaar, veral die bejaardes.

‘n Anonieme persoon het kort en kragtig gesê, “Hulle vat net ons geld om meer te kan steel”. Fiona Jaueri, 24, het gesê dis klaar moeilik genoeg omdat daar nie werk daarbuite is nie en dat dinge elke jaar net duurder raak.

Ghulum Shahbaz, 28, het gesê, “The amounts the grants went up, can’t even be called an amount. Petrol is not a problem, if you drive a vehicle, you know you need petrol. The petrol price goes up all over the world. If the country’s daily needs become unaffordable, then it is a problem.” Jackie de Beer, 55, voel dat die kindertoelae totaal en al weggeneem moet word en dat die bedrag waarmee die staatspensioen op is, ‘n skande is. Marina Wilsserman, 62, het gesê dis pateties, sy kan hulle nie verstaan nie. Sy glo ook dat hulle die regte bedrag geld aan die persone in nood moet gee.

Fiona Jaueri, 24, sê dat dit klaar moeilik genoeg is.

Inocnt Chilil, 28, het dit duidelik gestel, “Not good”. Mothupi Molefe, 36, is in die algemeen tevrede daarmee, maar nie gelukkig dat werknemersbelasting gaan styg en besighede se taks gaan daal nie. Hy glo ook dat kindertoelae weggeneem moet word. Eddie Gouveia, 22, Bestuurder van Tops Drankwinkel in Greenhills, het gegsê dat solank kostes in die land styg, die ekonomie net swakker sal word. Hy het verder oor die prys van drank wat gaan styg gesê hy dink dat Randfonteiners net mooi sal werk met hul geld, en moontlik iets goedkopers sal koop om te drink.

Wikus Hall, 38, voel sterk daaroor dat daar vir die bejaardes en kinders, wat kwesbaar is, gesorg moet word. Petrol, het hy gesê, is nou maar een van die dinge wat jy moet hê.

Op sosiale media het die inwoners die volgende te sê gehad. Pieter Steyn, “Die budget is nie in balans nie. Te min geld vir local authorities en daarom sal Randfontein se krag-issues voortgaan en ons strate bly soos hulle is. Moet Zuma se increase vat en die strate regmaak. Dan kan ons at least veilig ry”.

Merinda de Jager het gesê, “Brandstofprys verhoog … met ander woorde voedselpryse gaan ook weer verhoog. #kanniewen”. Thea-marie Vorster het gesê, ” Ek is ‘n pensioenaris en was die ene oë en ore vir die uitkoms vir Sassa. Dit was ‘n skok toe ek hoor dat ons met minder as R50 ‘n dag moet lewe. My huur is R875, my krag R100 en water om en by R50. Wat bly oor? Definitief baie baie minder as R50 ‘n dag! Ons kan maar net bid dat die Hemelse Vader ons help! Ons oumense kry rêrig rêrig swaar. ‘n R100-verhoging? En alles word duurder? Wat gaan van ons word? ”

Lees nog kommentaar op die Facebook-bladsy, I lived in Randfontein and survived it.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button