VIDEO: Leer ‘n Randfonteiner ken #4 vir 2017

Vierde persoon in die Herald se gewilde 'Leer 'n Randfonteiner Ken'-veldtog vir 2017 voorgestel.

Op Dinsdag, 21 Februarie, het die Herald die vierde persoon in die gewilde ‘Leer ‘n Randfonteiner Ken’-veldtog vir 2017 ontmoet.

Pierre Heroldt, 42 wat in Greenhills woon, was haastig op pad êrens heen, maar was nietemin heel gewillig om homself aan die gemeenskap voor te stel. Pierre is getroud met Catarina, 43 en het een dogter, Shannon-Lee wat binnekort 21 word.

Pierre is in Gauteng gebore is in die motornywerheid se onderdele-afdeling. Hulle het eers ‘n draai in die Kaap gaan maak, en daarna hier in Randfontein kom woon. Pierre is baie lief vir rugby, en is definitief ‘n Stormers-ondersteuner.

Hy hou natuurlik van ‘n lekker braaitjie en sy droom vakansie sal in die Seychelles wees. Op die vraag of hy die see of die bos verkies, was sy antwoord “Albei”. Pierre voel baie gemaklik in sy eie skoene, en verkies om sy eie naam as sy Randfontein-naam te gebruik.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version