#PoppieMoordSaak: Beskuldigdes weer in hof

Stiefpa en ma van vermoorde 3-jarige weer in hof. Hier is die jongste verwikkelinge in die #PoppieMoordSaak.

Kobus en Louisa Koekemoer, die twee beskuldigdes in die moord van klein Poppie van der Merwe het vroeër vandag (Dinsdag, 21 Februarie) weer saam in die Brits Landdroshof verskyn.

Die saak is tot 28 Maart uitgestel.

Kobus Koekemoer en Louisa Koekemoer vanoggend in die hof. Kobus gluur die Aktiviste vir Poppie aan. Foto: Ingestuur

Die Herald het deur ‘n betroubare bron verneem dat die rede glo is dat die moordsaak na die Pretoriase Hooggeregshof verwys is en eers teen middel 2018 aangehoor kan word.

Op 3 Februarie is ‘n aansoek voor die Brits Landdroshof gebring om Poppie se boetie, Christo van der Merwe, 5, – wat ook by die Koekemoers gebly het – uit ‘n huis van veiligheid te verwyder. Jacobus Ludick, aktivis vir die Poppie van der Merwe en Christo van der Merwe Support Group het die saak bygewoon en het gesê dat die familie met die hulp van Amanda Maree vir Christo uit ‘n huis van veiligheid wil kry om hom in die sorg van sy ouma en oupa, Carla en Johan van der Merwe te laat terugplaas. Hulle is die ouers van Poppie en Christo se biologiese pa, Christo van der Merwe. Die saak is toe tot Vrydag, 17 Februarie uitgestel.

Volgens Ludick het ‘n maatskaplike werker gesê dat Louisa Koekemoer haar dogter, Marelize Els, aan haar biologiese pa moet oorgee en dat klein Christo teruggehou word omdat die assessering wat sy met hom doen, nog nie klaar is nie.

Kobus Koekemoer en Louisa Koekemoer het vanoggend weer iin die hof verskyn. Foto: Ingestuur

Ludick en ander gemeenskapslede is baie ontsteld oor die besluit, aangesien hulle voel dat sy halfsussie ook nou van hom weggeneem word en dat dit nog meer trauma vir Christo veroorsaak. Daar is ook groot verbasing dat die persoon wat bande met die familie het, wat na bewering na ‘n versoek deur die betrokke partye ook in die hof moes verskyn, nooit ‘n dagvaarding ontvang het nie, omdat die landdros dit glo nooit uitgereik is nie.

Die Herald het op 16 Februarie berig dat daar verder beweer word dat sekere persone wat moontlik Poppie se dood kon voorkom het, ook aanklagte van roekeloosheid en nalatigheid in die gesig kan staar.

Poppie is op pad na ‘n hospitaal in Brits dood nadat sy glo wreedaardig aangerand is. Kobus Koekemoer (Poppie se stiefpa) is kort na haar dood gearresteer. Op 24 Januarie het die Herald gerapporteer hoe Kobus Koekemoer op 23 Januarie probeer selfmoord pleeg het, terwyl hy in die tronk was.

In Desember is Louisa Koekemoer (Poppie se ma) ook in verband met Poppie se dood in hegtenis geneem. Die klag teen albei is moord.

Kobus and Louisa Koekemoer het vir die eerste keer op 25 Januarie gelyktydig in die Brits Landdroshof verskyn, waartydens Kobus om regshulp aansoek gedoen het. Die merke waar hy homself na bewering beseer het, kon duidelik op sy polse gesien word. Die saak is daar uitgestel tot 21 Februarie.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

Also read: 

Poppie at rest, but SA is outraged

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version