Boere word gewaarsku – herfskommadowurm hou groot bedreiging in

Hy het gesê dat die weiding gelyk het asof hy met 'n grassnyer daaroor is.

Na aanleiding van die persverklaring van die Gauteng Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling (GDLLO) oor die herfskommandowurmplaag (Spodoptera frugiperda), het die Herald plaaslike boere oor dié kwessie uitgevra.

Die GDLLO kommunikeer deurlopend met boere en die Nasionale Departement van Landbou, Bosbou en Visserye om te verseker dat ingryping gekoördineerd gedoen word. Boere word gevra om seker te maak dat die pes vroeg genoeg opgemerk word om vinnig hulp te kan kry.

Die GDLLO het al klaar gewaswetenskaplikes na verskeie moontlike besmettingsareas in Bronkhorstspruit gestuur, waar die wurms reeds op ‘n plaas van 45 hektaar verwoesting gesaai het. In die noorde en noord-ooste van Pretoria is daar ook tekens van kommandowurmbesmetting

Die GDLLO se spesialiste bly op hoë vlakke van gereedheid om dadelik te kan reageer op situasies wat moontlik boere kan affekteer.

Lebogang Maile, LUR vir die GDLLO, het gesê dat die verspreiding van die wurm ‘n potensiële bedreiging vir voedselsekuriteit inhou en dat dit ‘n negatiewe invloed op die ekonomiese aktiwiteite of kleinboere in die provinsie kan hê.

Een van Randfontein se boere het vertel dat hy ongeveer vier jaar gelede kommadowurms op sy plaas gehad het, wat groot skade aangerig het. Sy weiding het gelyk asof hy met ‘n grassnyer daaroor is. Na so ‘n besmetting kan vee nie dadelik weer op daardie weiding toegelaat word nie.

het gesê, “Die wurm (in motvorm) kan 1 000 kilometer per week vlieg. Dit is ‘n herfswurm.” ‘n Ander boer, Pieter Fourie het gesê dat die kanse dat dit Randfontein gaan tref, skraal is omdat mielies wat in die omgewing verbou word, reeds met teengifmiddels behandel is.

Maile doen ‘n beroep op alle boere om hul Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se streekskantoor dadelik te skakel. Lesego Phakedi is bereikbaar by 011 411 4300 of 076 422 2501. Shandukani Netshifhefhe kan by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se hoofkantoor by 011 240 2500 of 082 728 8896 bereik word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version