Local newsLocal sportNewsSport

Ben se ystermonsters grom weer

Die Herald gesels met die bekende Ben Morgenrood wat dit vermag het om die Suid Afrikaanse Super Saloon Kampioenskappe vir 'n vyfde keer te wen.

Ben Morgenrood, 69, ‘n welbekende en gerespekteerde lid van die gemeenskap het op 16 Februarie met die Herald gesels oor die sukses wat hy verlede jaar in die motorsportwĆŖreld behaal het.

Ben, wat sedert 1967 aan motorwedrenne deelneem, het in 2016 sy doelwit bereik om met al drie sy renmotors, naamlik die 2016 Mustang V8, 1965 Mustang 8-silinder en sy Ford V8 Flexi aan drie verskillende kampioenskappe deel te neem en te presteer.

Sy grootste oorwinning van verlede jaar was toe hy tydens die Suid-Afrikaanse Super Saloon Kampioenskappe vir die vyfde keer gewen het, wat op sigself ‘n rekord is. Hy het die prestasie in sy 2016 Mustang V8 behaal.

In sy ovaalbaan kar het hy in die Flexi Klas Kampioenskappe, waaraan hy natuurlik in sy Ford V8 Flexi deelgeneem het, as wenner weggestap. Hy het in dieselfde motor derde geƫindig tydens die nasionale kampioenskappe by die Oval Racing Track.

Die 1965 Mustang wat hy gebruik in ” Historical ” wedrenne

In die Champ of Championships het hy in die Historiese afdeling in sy 1965 Mustang gewen. Ben se seun, Benjamin Morgenrood, 16 jaar oud, wat sy pa se passie vir motorwedrenne en renmotors deel, gaan vanjaar vir die eerste keer in Ben se Mustang V8 aan die Suid- Afrikaanse Super Saloon Kampioenskappe deelneem. Ben wil hierdie jaar vir Benjamin meer aan wedrenne blootstel.

Ben is definitief diƩ naam op die baan, en het al 13 nasionale kampioenskappe gewen, oorsee gekompeteer en hou verskeie rekords in motorwedrenne. Hy neem nou al meer as 40 jaar aan hierdie adrenalienbelaaide sport deel.

Ben Morgenrood se Mustang V8

Sy planne vir vanjaar is om met sy 1965 Mustang aan die Historiese wedrenne deel te neem, in Oval Racing Track-byeenkomste mee te ding, en om selektiewe Super Saloon-wedrenne aan te durf.

Het jy dalk meer inligting rakende diĆ© storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.zaĀ (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistesĀ Roodepoort Record,Ā Krugersdorp NewsĀ enĀ Get It Joburg WestĀ Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button