Rappies se Karate Kid

Daar is geen Mr Miyagi betrokke nie maar Rappies beskou een van hul leerders as 'n Karate Kid.

Liaan de Beer is ‘n 10-jarige leerder van Laerskool Rapportryer wat in Westonaria woon en in karate uitblink.

Alhoewel daar nie ‘n Mr Miyagi betrokke is nie, word hy as ‘n regte Karate Kid beskou.

Liaan het in November 2015 by die Shotokan Karate Klub in Westonaria onder leiding van sensei Kruben Pillay (5de dan) begin oefen. Binne ‘n jaar en na baie harde werk het Liaan van ‘n wit gordel na ‘n groen gordel gegradeer. Hy beplan om aanstaande maand (Maart) sy pers gordel te verwerf.

Aan die einde van Februarie verlede jaar het Liaan aan sy eerste karatetoernooi deelgeneem. Hy het ‘n silwermedalje in die kata- en kumite-afdelings ontvang.

Binne ‘n jaar en tydens ontwikkelingtoernooie het hy meeding met karatekas wat twee keer meer ervaring as hy gehad het en steeds talle medaljes losgeslaan. Die afgelope November het hy aan die Wes-Rand Kampioenskappe deelgeneem waar hy in sy ouderdoms- en gewigskategorie goud vir kumite verower het. Hy het ook sy streekskleure ontvang.

Op 4 Februarie het Liaan aan die Gauteng Kampioenskappe deelgeneem. Gauteng word as die sterkste provinsie in karate beskou is omdat die provinsie gewoonlik 60 karatekas in die nasionale karategroep van sowat 80 karatekas het. Na ‘n naelbyt-eindstryd het Liaan ‘n silwermedalje in sy kategorie verower wat vir hom ‘n plek in die Gauteng-groep verseker het.

Van 2 tot 5 Maart 2017 gaan Liaan by die Nasionale Karate Kampioenskappe in Durban meeding. Indien Liaan daar sy nasionale kleure verwerf, sal hy Suid-Afrika by verskillende toernooie in die buiteland verteenwoordig.

Rappies wens Liaan baie sterkte toe en glo dat dit met hom baie goed sal gaan by die kampioenskappe. Die skool is saam met sy ouers, Gert en Rozelle baie trots op sy prestasies!

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version