Local newsNews

‘Randfontein Skou is gemeenskapgedrewe’

Nog net 'n paar weke! Hier is solank 'n voorsmakie van die 2017 Randfontein Skou.

Die Randfontein Skou is gemeenskapsgedrewe en poog om soveel moontlik skole, kerke en diensorganisasies betrokke te kry. So het Marcelle Mans, Skoukoördineerder gesê.

Brendan Peyper.
Brendan Peyper.

Die uiters gewilde pom-pom- en Cheerleading-kompetisie vind om 6nm op Donderdag, 2 Maart plaas met Marno van der Merwe as gaskunstenaar. Marno is ‘n sanger en akteur van formaat.

Hierdie jaar is daar ook ‘n laerskolekompetisie wat 6.15nm begin en die hoërskolekompetisie begin daarna om 7nm. Groot prysgeld van R30 000 is op die spel. San Pedro Spur is weer die borg van die kompetisie en baie opgewonde om deel te wees van hierdie groot geleentheid by die Skou. Elke deelnemer kry ook ‘n Spur-geskenkbewys en komplimentêre Skoutoegangskaartjies.

Marno van der Merwe, 'n gaskunstenaar by vanjaar se Skou.
Marno van der Merwe, ‘n gaskunstenaar by vanjaar se Skou.

Kleuterskole van oral oor die Wes-Rand besoek die Skou op Donderdag en Vrydag. Toegang vir kinders tot ses jaar is gratis en Clarise & die Reënboogkids gaan die kinders op die hoofverhoog in die Skoumarkiestent vermaak.

“Saterdag, 4 Maart verwelkom die Skou drie plaaslike skoolkore wat saam met top kunstenaars die verhoog gaan deel,” het Marcelle vertel.

“Laerskool Rapportryer tree om 10vm saam met Refentse op. Om 12.30nm is dit Laerskool Randfontein se beurt saam met Brendan Peyper en om 7nm deel Hoërskool Riebeeckrand die verhoog met Touch of Class. Ons sien uit om al ons leerders van die onderskeie skole by die Skou te verwelkom,” het sy gesê.

Jannas se pompom-span verlede jaar.
Jannas se pompom-span verlede jaar.

Skoolhoofde word ook hierdie jaar genooi om by die Skou se Fietstema in te val en deel te neem aan ‘n ‘stadige’ fietswedren op Donderdag, 2 Maart om 5nm in die Bicycle Boulevard voor die Skoukantoor.

• Navrae: Skoukantoor by 011 412 2878/1562. Program by www.randfonteininfo.co.za beskikbaar.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button