NewsSchools

Riebeeck gee erkenning aan top akademiese leerders

Die topprestasie vir die aand was die veelsydigheidstoekenning aan Ju-hanie Wilken, ‘n Graad 10-leerder.

Hoërskool Riebeeckrand het op 7 Februarie hul akademiese prysuitdeling gehou om vir hulle leerders erkenning te gee vir hul harde werk gedurende 2016.

Leerders wat in 2016 in Graad 8 tot 11 was, het sertifikate, balkies, erekleure, lourierkleure en trofeë ontvang as beloning vir hul harde werk. Die grade se akademiese Top 10 is ook tydens die spog geleentheid aangekondig.

Die toptoekenning van die aand is aan Ju-hanie Wilken, ‘n Graad 10-leerder van 2016, toegeken toe sy aangewys is as die veelsydigste leerder in Graad 8 tot 11.

Riebeeckrand is baie trots op Ju-hanie, Alicia Jacobs, Angelique Welman en Dewald Naudé wat hul lourierkleure vir akademie ontvang het. Tiaan Wilken het lourierkleure vir jukskei ontvang. Hierdie leerlinge kry ‘n spesiale wit baadjie met ‘n goue draad, louriersakwapen en ‘n goudgeborduurde balkie met die kategorie waarin die prestasie gelewer is, daarop.

“Riebeeckrand se hoof en personeel is ontsettend trots op al die leerders,” het Elzeri Wright, Riebeeck se skakelbeampte gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Related Articles

Back to top button