‘n AfriForum-tak is onlangs in Randfontein gestig.
Die takstigting het op Dinsdag, 7 Februarie in Hoërskool Jan Viljoen se skoolsaal plaasgevind. Volgens Matiam van Vuuren, voorsitter van AfriForum se Randfontein-tak het hulle met ongeveer 50 lede begin en gegroei tot oor die 90 lede. Baie Randfonteiners asook voormalige GPF- en Randfontein Polisie-lede het die stigting bygewoon.
AfriForum-ampsdraers het ook die volgende strategiese doelwitte aan die voornemende lede verduidelik.
• Belangebeskerming
• Selfstandige vermoë
• Gesonde politieke magsbalans
• Eie toekoms
AfriForum het ‘n gasspreker, Barend Uys, genooi om ook met voornemende lede te praat. Hy het vertel van die AfriForum-buurtwag en die voordele om ‘n buurtwaglid te word.
Dit gelyk asof Randfonteiners baie belang gestel het in die AfriForum-buurtwag. Daar word reeds ‘n buurtwagvergadering op Vrydag, 10 Februarie om 6.45nm in Wheatlands gehou. Die vergadering sal by Driftwood, Langweg 45 plaasvind.
Na die voorlegging is daar ‘n AfriForum Randfontein-komitee gekies.
AfriForum-komitee:
• Voorsitter – Matiam van Vuuren
• Ondervoorsitter – Jan Lubbe
• Sekretaris – William Knight
• Penningmeester – Teresa Lotter
• Veiligheid – Lt-kol Tewie Botha
• Plaaslike regering – Beth Biggs
• Omgewingsake – Chris Fuhri
• Jeug – Martin Botha
• Assistent – Monique van Vuuren
• Navrae: Vir verdere inligting oor die Randfontein AfriForum tak, skakel gerus 074 245 0338.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!