Local newsNews

Grootste Wêreldbiddag vir Vroue ooit by 2017 Skou

Gaan jy vanjaar Skou toe? Moet net nie die Wêreldbiddag vir Vroue-funksie misloop nie. Meer besonderhede hier:

Al is daar weer baie om na uit te sien by vanjaar se Randfontein Skou, bly die Wêreldbiddag vir Vroue-funksie een van die grotes en iets om nie mis te loop nie.

Die Wêreldbiddag vir Vroue-geleentheid in Randfontein word hierdie jaar op Vrydag, 3 Maart vanaf 8vm in die Skou se Markiestent aangebied. Dit sal die 87ste biddagbyeenkoms vir vroue regoor die wêreld wees met die Filippynse Eilande as vanjaar se gasheer. Die tema is My genade is vir almal.

Jana du Plessis, wat haar stryd teen kanker gewen het maar ‘n deel van haar been verloor het, is die gasspreker. Sport was Jana se lewe, maar nadat sy kanker oorwin het, tree sy deesdae as motiveringspreker op.

Sy glo God het haar kankerpad toegelaat om ander kankerlyers en veral dié wat ledemate verloor het, weer hoop te gee.

Die West Rand Gospel Choir asook die Grace to God-dansers gaan optree. Die AGS Randfontein Orkes gaan die vroue in sang lei en ‘n liefdesoffergawe gaan vir Hospice opgeneem word.

Daar gaan ook tyd afgestaan word om onder meer vir ons land, ons regering, ons kinders en huwelike te bid.

Toegang vir vroue is gratis tot en met 8vm en elke vrou kry ook ‘n Vrouekeur-tydskrif. Drag vir die oggend is elegant.

“Vroue word hartlik uitgenooi na ‘n wonderlike funksie wat jou lewe gaan verryk. Ons bedank graag vir Hendrik van Wyk Vervoer, ons hoofborg van die oggend,” het Marcelle Mans, Skoukoördineerder gesê.

• Navrae: Skakel die Skoukantoor by 011 412 2878/1562 of besoek hul webwerf by www.randfonteininfo.co.za.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button