NewsSchools

Atleetjies in rooi agter die vandel

Agter die vaandel het 'n skare atleetjies in rooi gevolg.

Op Saterdag, 4 Februarie is die weer stip dopgehou, want Rosemarie Kahn Kleuterskool het hul jaarlikse atletiekbyeenkoms gehou.

Angeline en Paul van Heerden staan trots by Clarissa wat sopas 'n derde plek losgeslaan het. Foto : Bianca Pindral
Angeline en Paul van Heerden staan trots by Clarissa wat sopas ‘n derde plek losgeslaan het. Foto :
Bianca Pindral

Die weer het gelukkig saamgespeel, en daar was groot opwinding en ook die heerlike geur van gebraaide boerewors in die lug. Van vroegdag af het die ouers aan worsrolle gesmul terwyl hul klein atleetjies voorberei het vir hulle onderskeie items.

Die byeenkoms is afgeskop met ‘n pragtige optog waartydens die Rosemarie Kahn-vaandel trots omhoog gehou is. Agter die vaandel het die atleetjies in rooi gevolg.

Hugo van Heerden hardloop volspoed om sy derde plek te verseker. Foto: Bianca Pindral
Hugo van Heerden hardloop volspoed om sy derde plek te verseker. Foto: Bianca Pindral

Tydens die naellope het die skare hul kinders opgewonde langs die baan aangemoedig. Daarna het van die maatjies oor die hekkies geseil wat net hoog genoeg vir hul klein beentjies was.

Ouers het ook met groot oorgawe deelgeneem aan die item waartydens hulle self die kans gekry het om kragte op die baan te meet. Die hoogtepunt van die dag was natuurlike die toekenning van 1ste, 2de en 3de plekke in elke item.

Die drie wenners, Imke Pienaar, Micke Rogers en Ashlyn van Staden. Foto : Bianca Pindral
Die drie wenners, Imke Pienaar, Micke Rogers en Ashlyn van Staden. Foto : Bianca Pindral

Nie een van die deelnemers is met leë hande huis toe nie. So is nog ‘n baie suksesvolle atletiekbyeenkoms vol pret afgesluit.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button