NewsSchools

Voormalige Jannas-leerder speel Varsitybeker

'Spekkies', 'n oud-Janna kan vir NWU-Pukke in die Varsitybeker in aksie gesien word.

Nico ‘Spekkies’ van Tonder ‘n voormalige Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) leerder het met die afskop van die gewilde Varsitybeker op 30 Januarie sy debuut gemaak.

Spekkies wat vir die NWU-Pukke uitdraf was op skool gedurende die jare 2012 en 2013 ‘n lid van Jannas se eersterugbyspan, beter bekend as die Kamikaze. Hy was ook opgeneem in die Goue Leeus Skolespan in 2013.

Hy studeer tans ‘n B.Ed en is in sy derde jaar van sy graad.

Mervyn Taylor, NWU-Vaal rugby bestuurder, het hom gesien speel tydens die 2016 Universiteitsport Suid-Afrika (Ussa)-week en het hom genader om deel te wees van Pukke se voorseisoen-oefengroep. Daarna is hy in die Varsitybeker-groep opgeneem.

Hy het ook al die Valke se o.19-, o.21- en seniorspanne – spesifiek in ‘n opwarmingwedstryd – verteenwoordig.

“Jannas kan nie wag om te sien wat die toekoms vir die talentvolle man inhou nie. Wie weet, een van die dae verruil hy die Pukke-klere vir die groen en goud,” het Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button