Local newsNews

Niemand in Randfontein het enige skade gely of beserings opgedoen toe hierdie video gemaak is nie

Lag 'n slag, Randfontein, want hier kom #WildeWoensdag

Die Herald plaas vandag die eerste artikel in sy nuwe ‘Wilde Woensdag’-reeks. Die Herald gaan van diĆ© week af inwoners van Randfontein vra om al hul wildste stories te vertel, soos die wildste ding wat hulle nog gesien of beleef het, die wildste verkeersboete en nog baie meer.

Die reeks begin by HoĆ«rskool Jan Viljoen omdat Jannas se Fiela ‘n storie gehad het om te vertel. Diaandri Schoonraad, nou in Graad 12, het haar verhaal vertel net nadat die nuus bekendgemaak isĀ dat hul hoof, Julius Katzke, die skool gaan verlaat. Diaandri, wat die rol van Fiela in die Herald se video vertolk, vertel van haar soeke na ‘n nuwe hoof, hoe sy berading moes kry, en die karakters wat sy op die spesifieke dag raakgeloop het.

Daar is die dominee, Anna, Jan en hulle verlore kind, klein Jantjie, die tannie met die mooi blou oƫ, die honde sonder sterte, die tannie en oom wat die Lotto gewen het, en Fiela se berading.

Diaandri het haar uitstekend van haar taak gekwyt, en die Herald was verras om te hoor dat sy nie ‘n aktrise wil word nie, maar ‘n lugwaardin. Sy het gelag toe sy gesĆŖ het, ” En daarna wil ek met ‘n boer trou”.

Neem asseblief kennis dat die inhoud van die volgende artikel nie die siening van die Herald, HoĆ«rskool Jan Viljoen of die persoon/ persone in die video weergee nie. Die doel van hierdie artikel is bloot om te vermaak en moet nie as ā€˜n weerspieĆ«ling van die waarheid beskou word nie. Die artikel het ook nie ten doel om enigiemand aan die Wes-Rand te na te kom of ongemaklik te laat voel nie. Indien u die inhoud van die artikel as aanstootlik of skadelik beskou, laat die Herald asseblief per epos daarvan weet by randfonteinherald@caxton.co.za.

Kyk die eerste #WildeWoensdag video hier:

Indien u ā€˜n #WildeWoensdag-storie of ā€˜n -grappie of twee met ons wil deel, doen dit gerus. U kan u #WildeWoensdag-idees per epos aan joernalis Maritza van Zyl by maritzaz@caxton.co.za of joernalis Roxy de Villiers by roxydv@caxton.co.za stuur.

Niemand in Randfontein het enige skade gely of beserings opgedoen toe hierdie video gemaak is nie.

Het jy dalk meer inligting rakende diĆ© storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.zaĀ (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistesĀ Roodepoort Record,Ā Krugersdorp NewsĀ enĀ Get It Joburg WestĀ Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button