VIDEO: Leer ‘n Randfonteiner ken #2 vir 2017

Tweede persoon in die Herald se gewilde 'Leer 'n Randfonteiner Ken'-veldtog vir 2017 voorgestel.

Ontmoet Fanie Senekal, 64, ‘n man wat Mosselbaai elke dag in sy hart ronddra. Hy is die tweede persoon in die Herald se gewilde ‘Leer ‘n Randfonteiner Ken’-veldtog vir 2017.

Fanie, wat naby Life Robinson Private Hospitaal bly, is getroud met Wilma Senekal, het drie kinders van onderskeidelik 32, 30 en 27 jaar oud en vyf kleinkinders. Hy het ook nog twee ander ‘kinders’, sy twee besige worshondjies.

Fanie het tot in 1992 in Randfontein gewoon. Daarna het hy ses jaar lank onderskeidelik in Potchefstroom en Thabazimbi gewoon en toe in 2004 teruggetrek Randfontein toe. Fanie se gunsteling eetplek is Randfontein se Spur want, het hy gesê, “Dit is ‘n baie lekker familierestaurant”.

Fanie Senekal sien al klaar uit na sy vakansie in Mosselbaai.

Vir spesiale geleenthede, soos natuurlik rugby, waarvoor hy baie lief is, hou Fanie van ‘n tjoppie op die braai en ‘n lekker biertjie in die hand. Sy grootste liefde is Mosselbaai, en het vertel dat hierdie jaar se vakansie klaar bespreek is. Hy hou baie van diepseehengel.

Fanie is ook baie lief vir die bosveld. Hy noem homself “Randfontein se Bosveld-seeman”.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version