NewsSchools

Groentjies nou trotse Riebeeckranders

Met die tema Under the sea is die nuwe groentjies nou amptelik deel van die Hoƫrskool Riebeeckrand-familie.

HoĆ«rskool Riebeeckrand se nuwe groep Graad 8’s is na afloop van hul groentjiekonsert amptelik deel van die skool.

Met die tema Under the sea ā€“ ‘n bekende lied uit die treffer Disney-fliek, Little Mermaid ā€“ is vertonings 1 en 2 Februarie in die skoolsaal aangebied.

Riebeeck se Graad 8's in aksie. Foto ingestuur.
Riebeeck se Graad 8’s in aksie. Foto ingestuur.

Daar was glo nie plek vir ‘n muis nie.

“Die leerders was almal visse en die konsert het die nuutheid en vreemdheid uitgebeeld wat ā€˜n Graad 8-leerder aan die begin van sy/ haar hoĆ«rskoollewe ervaar,” het skoolwoordvoerder Elzeri Wright gesĆŖ.

Die hoofrolle is deur die volgende Graad 8’s vertolk: Shelly (AnsunĆ© Reynolds), Lark (Mika Harmse), Krappie (Devonique Breedt) en Justin (Jean Snyman).

Riebeeck se Graad 8's in aksie. Foto ingestuur.
Riebeeck se Graad 8’s in aksie. Foto ingestuur.

Die nuwe Graad 8-leerder (of altans vissie) betree nou ā€˜n nuwe fase in sy of haar lewe en sien daarna uit om nuwe vriende in die hoĆ«rskool te maak. Die nuweling, Shelly, het nie net ā€˜n boesemvriendin ryker geword nie maar ook haar hart op Lark verloor. Soos enige liefdesverhaal loop dinge nooit seepglad nie. Lark se beste vriend, Justin maak dinge vir hom moeilik en veroorsaak dat hulle rusie maak met Shelly se vriendinne.

Shelly (AnsunƩ Reynolds) en Krappie (Devonique Breedt) op die verhoog. Foto ingestuur.
Shelly (AnsunƩ Reynolds) en Krappie (Devonique Breedt) op die verhoog. Foto ingestuur.

Maar by HoĆ«rskool Riebeeckrand vorm almal een groot familie en word die rusie in ā€˜n japtrap opgelos. Die Graad 8-visse het besluit om die jaar geanker in geloof te geniet en as ā€˜n eenheid saam te staan.

Riebeeck se Graad 8's in aksie. Foto ingestuur.
Riebeeck se Graad 8’s in aksie. Foto ingestuur.

Die leerders het die gehoor deurentyd vermaak en seker gemaak dat daar nie ā€™n oomblik van verveling is nie. Riebeeckrand se seniorraad bedank graag vir Tiaan Kleynhans, ā€˜n oud-Riebeeckrander, wat die teks vir die groentjiekonsert geskryf het.

Het jy dalk meer inligting rakende diĆ© storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.zaĀ (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistesĀ Roodepoort Record,Ā Krugersdorp NewsĀ enĀ Get It Joburg WestĀ Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button