NewsSchools

Riebeeck skitter tydens Gauteng-Wes Distrik-prysuitdeling

Vir 2016 skuif Riebeeckrand na die 59ste posisie uit 855 skole.

Hoërskool Riebeeckrand het uitgeblink tydens die Gauteng-Wes Distrik-prysuitdeling en -toekenningsgeleentheid wat verlede maand gehou is.

Riebeeckrand het sewe toekennings ontvang wat aansienlik meer is as wat die ander skole in die dorp ontvang het. Die skool het derde in die distrik geëindig onder die skole wat die beste presteer. Riebeeckrand lê vierde onder die top skole met die hoogste graadstudietoelating. Hier is die wenners:

• Azaadville Muslim School is 1ste (100 persent)

• Hoërskool Noordheuwel 2de (77,8 persent)

• Hoërskool Monument 3de (72,6 persent)

• Hoërskool Riebeeckrand 4de (72,2 persent).

“In 2015 was Riebeeckrand 92ste onder die top 100 skole in Gauteng. Vir 2016 skuif Riebeeckrand na die 59ste posisie uit 855 skole ” het Elzeri Wright, Riebeeckrand se skakelbeampte gesê.

‘n Riebeeckrand-leerder het ook ‘n toekenning ontvang vir die beste presteerder in Ekonomie in die distrik. “Sasha-Lee Roestorff is die trotse Riebeeckrander wat die toekenning verower het,” het Elzeri vertel.

Sasha-Lee en Vicky du Buisson het boonop toekennings ontvang vir die meeste onderskeidings in Gauteng en landswyd. Hulle het elkeen 11 onderskeidings behaal.

Riebeeckrand spog verder met ‘n toekenning vir die beste presterende skool in Area 4. Die toekennings het egter nie by die Gauteng-Wes Distrik- prysuitdeling geëindig nie.

Vicky het tydens die Burgemeestersonthaal ‘n toekenning ontvang vir die beste presteerder in die Randfontein-Westonaria Munisipale Streek.

“Riebeeckrand is baie trots op elke 2016-matrikulant wat deur die loop van die jaar hard gewerk het en te alle tye hul beste gegee het. Die top prestasies word ook toegeskryf aan die topgehalte-onderrig wat Hoërskool Riebeeckrand vir hul leerders bied,” het Elzeri ten slotte gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button