NewsSchools

Jannas se pom-poms mik na #6

Jannas het 'n groep van 47 lede asook drie kapteins aangewys vir die nuwe jaar en beoog om hul sesde agtereenvolgende pom-pomtitel by vanjaar se Skou te verower.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het ‘n pom-pomgroep van 47 lede asook drie kapteins aangewys vir die nuwe jaar en beoog om hul sesde agtereenvolgende titel by vanjaar se Skou te verower.

Lesoiti Thebe tydens verlede jaar se Randfontein Skou waar die Jannas vir die vyfde jaar in 'n ry die pom-pomkompetisie gewen het. Foto: Roxy de Villiers
Lesoiti Thebe tydens verlede jaar se Randfontein Skou waar die Jannas vir die vyfde jaar in ‘n ry die pom-pomkompetisie gewen het. Foto: Roxy de Villiers

Jannas se pom-poms is welbekend vir hul prestasies in Randfontein asook buite die dorp . Een daarvan is om die afgelope vyf jaar as die kampioen van die Randfontein Skou gekroon te word.

Hul afrigter, die bekende Mario Gomes, het besluit om drie kapteins aan te wys in plaas van die gewone twee aangesien die groep so groot is.

Vir die dogters is Ashley Cowan die kaptein. Ashley is ervare pom-pomlid wat reeds sedert Graad 8 deel is van die span. Vir die seuns is Lesoiti Thebe die kaptein. Hy het verlede jaar uitstekend gevaar – op internasionale vlak met individuele danse en in groepverband by sy dansskool.

Lesoiti Thebe, Michael Palmer en Ashley Cowan is die kapteins van Jannas se pom-poms. Foto: Ingestuur
Lesoiti Thebe, Michael Palmer en Ashley Cowan is die kapteins van Jannas se pom-poms. Foto: Ingestuur

Die kaptein van die spiertiere wat hulle sal lei om die dogters perfek op te tel tydens hul waaghalsige toertjies is Michael Palmer.

“Jannas is baie opgewonde en kan nie wag om tydens die skou ons skool te ondersteun nie. Ons glo vas dat dié besonderse span vir die sesde jaar in ‘n ry die wenners sal wees. Watch this space,” het skoolwoordvoerder Tamaryn Smith gesê.

Klik op die skakel hieronder om na Jannas se optrede by die 2016 Randfontein Skou te kyk:

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button