NewsSchools

Rappies Pre-Primêr se kleuters geniet atletiek

Sportveld wemel van klein voetjies tydens Rappies Pre-Primêr se atletiekdag vir kleuters.

Kleuters van Rappies Pre-Primêr het op die laaste dag van Januarie hul jaarlikse atletiekbyeenkoms op Rappies se sportterrein gehou.

Martie Kruger het sommer klaar 'n sterrietjie op haar voorkop.
Martie Kruger het sommer klaar ‘n sterrietjie op haar voorkop.

Die byeenkoms het om 5nm begin en met die Herald se aankoms was daar ‘n golf van geel. Kleuters kon nie wag om aan die gang te kom nie en die atmosfeer was wonderlik.

Die kleuters se wedloop was iets waarna almal beslis uitgesien het – die ouers was nog meer opgewonde. Daar was hier en daar ‘n senuagtige kleuter maar dan het die ouers sommer saam met hul kinders die naelloop voltooi.

By die wenpaal was daar ook baie ondersteuning aangesien studente-onderwysers die kleuters vandaar aangemoedig het. Dit was te oulik om te sien hoe die kleuters hul harte uitgehardloop het.

Natacia Lottering, ma van Amy-Lee het gesê, “Dis die tweede jaar dat ons die geleentheid bywoon en ons geniet dit altyd verskriklik baie.”

Clerise Marx glimlag vir die Herald.
Clerise Marx glimlag vir die Herald.

Die suksesvolle byeenkoms was fantasties georganiseer, danksy skoolhoof Sonja van Tonder en haar personeel. Die kleintjies het almal se harte gesteel en vir mooi herinneringe gesorg.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button