Groot Graad 8-leiergroep by Riebeeck

Vyf Graad 8-leerders by Riebeeck wat óf die rol van onderfhoofseun óf -dogter op laerskool gespeel het, bekendgestel. Vyf Graad 8-leerders by Riebeeck wat onder andere onderhoofseuns of -dogters op laerskool was, gee hul indrukke van die hoërskoollewe.

Hoërskool Riebeeckrand het ‘n groot Graad 8-leiergroep in hul midde aangesien daar leerders is wat onder andere onderhoofseuns of -dogters op laerskool was.

Mari de Beer was Laerskool Rapportryer se onderhoofdogter en Collin da Corte asook Ruman Münz die skool se twee onderhoofseuns. Devonique Breedt (onderhoofdogter van Laerskool Randfontein) en Adrian Coetzee (Laerskool Modderfontein se onderhoofseun) is ook nou deel van die Riebeeckrand-familie.

Elzeri Wright, skoolwoordvoerder het gesê die skool verwelkom elke Graad 8-leerder met ope arms en hoop dat elkeen hul hoërskoolloopbaan ten volle sal geniet.

“Vanjaar se Graad 8-leerders het vinnig ingeskakel en is blitsig deel van verskeie aktiwiteite by die skool. Hulle is klaar voorwaar trotse Riebeeckranders.”

Verskeie Graad 8’s het ook gesê dat hul skoollewe by Riebeeckrand reeds vet pret is.

Vir Devonique en Mari is die groot groep vriende en familiegevoel die lekkerste, en vir Ruman is die gees asook samehorigheid ‘n hoogtepunt. Collin sien die meeste uit na sy eerste Hoërskool Colour Festival en Adrian is opgewonde oor wat hy beskryf as “die top akademiese onderrig” wat hy ontvang.

“Ons sien daarna uit om dié hoofleiers asook al die ander Graad 8-leerders se leiersvaardighede verder te vorm en te ontwikkel,” het Elzeri gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version