NewsSchools

Byna 100 medaljes vir Riebeeck in Vanderbijl

Hoërskool Riebeeckrand se atlete het hul stem sommer vroeg in die seisoen dik gemaak deur 29 rekords in Vanderbiljpark te verbeter.

Atlete van Hoërskool Riebeeckrand het Saterdag, 21 Januarie tydens ‘n atletiekbyeenkoms by Hoër Tegniese Skool Carel de Wet in Vanderbijlpark uitgeblink.

Hulle het ‘n totaal van 95 medaljes verower, waarvan 42 goud, 28 silwer en 25 brons was. Riebeeck-atlete het boonop dié dag ‘n indrukwekkende 29 rekords verbeter.

Dyllan Calitz (Graad 12) in aksie in die spiesgooi. Foto ingestuur.
Dyllan Calitz (Graad 12) in aksie in die spiesgooi. Foto ingestuur.

Wat die juniors aanbetref het al hierdie atlete rekords verbeter: Chené Visagie in die 200m, 400m en verspring vir dogters o.14; Megan Engelbrecht in die spiesgooi vir dogters o.14; Nicola van der Merwe in die hoogspring vir dogters o.14; Marizaan Barnard in die diskus vir dogters o.14; Tanika Pedro in die diskus vir dogters o.15 en Lee-Ona Pretorius in die 800m en 1 500m vir dogters o.15.

Seniors wat met nuwe rekords spog, is: Angelique Pietersen in die 800m, 1 500m en 3 000m vir dogters o.17; Danielle Malan in die hoogspring en verspring vir dogters o.17; Chanel Engelbrecht in die 100m, 200m, 400m asook verspring vir dogters o.19; Zani Henery in die spiesgooi vir dogters o.19 en Melissa Herrmann in die 100m-hekkies en 400m-hekkies vir dogters o.19.

“Riebeeckrand is trots op elke atleet wat deelgeneem en hul beste gegee het,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder gesê.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

 

Related Articles

Back to top button