CrimeNews

Pensioenaris voor poskantoor besteel

"Skaars vyf minute toe is ek besteel" — pensioenaris en deeltydse elektrisiën wie se werkgereedskap ter waarde van R20 000 gesteel is.

Gert Oosthuizen, 75, ‘n pensioenaris en deeltydse elektrisiën se werkgereedskap waaraan hy baie waarde heg, is verlede Vrydag, 20 Januarie helder oordag voor die Randfontein-poskantoor gesteel.

Oosthuizen het daardie dag besluit om te gaan kyk of daar vir hom pos is aangesien hy naby die poskantoor was. Hy het met sy bakkie voor die poskantoor gestop, uitgeklim en die kappie toegesluit.

Gert Oosthuizen.
Gert Oosthuizen.

Toe hy met sy pos terugstap, het hy gesien hoe ‘n onbekende man geklee in ‘n denimbroek en blou T-hemp besig was om ‘n kartonboks uit die bakkie te haal.

Oosthuizen het vir die man geskreeu,”Wat doen jy?!” maar die man het met die goedere weggehardloop. Oosthuizen het vertel dat hy van sy gereedskap in kartonbokse sit en die res in drie plastiekhouers. Hy het vir die Herald gesê die waarde van die gereedskap wat gesteel is, is nagenoeg R20 000.

“Ek het net een persoon by die bakkie gesien maar daar het twee ander mans naby die poskantoor gesit. Ek kan niemand net so beskuldig nie, maar een man kon dit nie alles so gou self weggedra het nie. Ek was skaars vyf minute in die poskantoor.”

Oosthuizen het gesê dat dit die tweede keer is dat dit met hom gebeur. Dié keer is die skade net baie groter.

Oosthuizen wil graag die inwoners waarsku teen die gevare naby en om die poskantoor. “Die ‘wagte’ wat daar werk, het hulself aangestel. Probeer om nie alleen soontoe te gaan nie.”

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button