Boom ‘n gevaar vir skoolkinders

Die persoon het die takke net so in die pad gelos en die ander is op die sypaadjie in Bothastraat gegooi.

‘n Boom wat glo afgesaag is en net so in die pad en op die sypaadjie gelos is waar skoolkinders en voetgangers moet loop, is ‘n groot gevaar.

‘n Inwoner van Randgate het Maandag die probleem onder die Herald se aandag gebring en vrees dat die ergste gaan gebeur indien daar nie dringend iets omtrent die saak gedoen word nie.

Die sypaadjie waarop skoolkinders nie kan loop nie. Foto ingestuur.

“Ons woon in Randgate naby Laerskool Rapportryer. Ons kinders wat daar skool gaan, loop daagliks skool toe en dan weer terug huis toe. Hulle het altyd op die sypaadjie geloop maar is nou verplig om in Bothastraat – ‘n besige pad waarvan talle groot trokke gebruik maak – te loop,” het die inwoner vertel.

“Ons het ‘n persoon gewaar wat besig was om die boom af te saag. Die takke is ook net so in die pad gelos en die ander is op die sypaadjie in Bothastraat gegooi.

“Dit is baie gevaarlik want almal moet nou letterlik in die pad loop waar daar trokke en ander voertuie ry,” het die inwoners gesê.

Die Rand West City Local Municipality het aan die Herald bevestig dat wanneer die eienaar van ‘n eiendom ‘n boom buite sy /haar erf afsaag, moet hy/ sy die munisipaliteit in kennis stel sodat die takke en stompe verwyder kan word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version