Refenste kom Skou toe!

Organiseerders het bevestig dat die dinamiese sanger, Refenste, by vanjaar se Randfontein Skou sal optree.

Refentse Morake. Onthou sommer by voorbaat sy naam.

Refentse is ‘n entoesiastiese kunstenaar, gevul met passie, nie net vir sy sangloopbaan nie, maar vir die lewe en alles wat na sy kant toe kom! Hierdie dinamiese 19-jarige het in 2015 sy matriek aan Vereeniging Gimnasium voltooi, en daarna het hy nie op hom laat wag nie.

As hy nie gesing het nie, sou hy graag die President van Suid-Afrika wou wees. En as dit enigsins ’n aanduiding is van hoe vêr sy ambisie strek, wag daar beslis gróót dinge op hierdie jongman. Sy YouTube-video’s van Afrikaanse treffers soos Lisa se Klavier, De la Rey en Ou Ryperd is reeds duisende kere gesien en op sosiale media gedeel.

Refentse beskryf sy passies as sy huis, sy hart en sy musiek se woorde wat vêr oor die ewenaar strek. Profetiese woorde, aangesien webgebruikers van regoor die wêreld al sy musiek gehoor het. Hy put sy inspirasie uit die woord freedom, want, soos hy self sê: “Planete behoort nie onder die beleid van konings en ministers te wentel nie”.

Sy onopgesmukte musiekaanslag herinner aan dié van sy gunsteling kunstenaar, Karen Zoid, en hy glo dat sy musiek oor die waarheid, vrede, voorspoed en liefde gaan – ook die onderliggende tema van sy gunstelingfliek, Faith like Potatoes.

Refentse sien homself as ’n vrye gees en probeer om nie te veel oor die toekoms te tob nie, alhoewel hy reeds groot planne het vir die jaar. Sy debut album My hart bly in ‘n taal is reeds vrygestel.

Hy hoop om eendag op ’n wildsplaas in Vrede af te tree, maar hy sal vir eers die aftreeplanne op ys moet plaas, want daar lê vir hom ’n blink en besige toekoms op die musiekverhoog voor!

Refentse Morake – beslis ‘n talent om dop te hou. Refentse tree Saterdag, 4 Maart by die Randfontein Skou op. Baie dankie aan een van ons lojale uitstallers en borge, Ben Morgenrood Auto, wat Refentse hierdie jaar borg.

• Navrae: Skakel die Skoukantoor by 011 412 2878/1562 of besoek hul webwerf www.randfonteininfo.co.za

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version