Pastoor wil uitreik na gemeenskap

Pastoor met gebedshuis stel nie belang in geld nie, maar in die mens se siel.

Pastoor Willie du Bruyn van die Eliakim Gebedshuis – wat sedert 2007 bestaan – het die Herald meer daaroor vertel.

Pastoor Willie du Bruyn in die gebedshuis

Volgens Willie is die gebedshuis nie ‘n kerk is nie, eerder ‘n plek waar mense kan kom bid, hetsy alleen of saam met hom. Hy hou dienste elke Sondag 10vm en gebruik die 1953-vertaling van die Bybel. .

Willie se doel is om mense te bemoedig en om dié met allerhande probleme en ongelukkigheid deur gebed te help.

Vir hom gaan dit glad nie oor geld nie, maar oor mense se siele.

Willie nooi ook mense wat seergekry het in die kerk waarvan hulle lidmate was, na sy dienste toe. Hy glo hulle moet nie wegbly van die Woord van Christus af nie. Willie se gebedshuis is charismaties.

Pastoor Willie du Bruyn in die gebedshuis

Tydens die onderhoud met die Herald het Willie verskeie versies uit die Bybel aangehaal. Sy Bybel is ‘n groot voorbeeld van sy toegewydheid aan die Woord van die Here. Daar is orals notas en een van die bladsye het al losgekom.

Willie het vertel dat hy nie ‘n beroep het nie, maar deur God geroep is. Hy nooi ook mense met musiektalent uit om God saam te kom loof en prys.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version