Teine-seisoen skop af – Alles wat jy moet weet

Rugbyseisoen het afgeksop by Teine – Hier is van oefentye en proewe tot nuwe komiteelede vir 2017.

Die rugbyseisoen vir 2017 is in volle swang en komiteelede by Randfontein Rugbyklub is optimisties en positief oor die jaar wat voorlê.

Die klub se werksaamhede het reeds op 9 Januarie afgeskop. Hul oefentye, die datums van die proewe asook inligting oor ‘n paar vriendskaplike wedstryde is onlangs bekendgemaak. Die klub nooi dus junior asook senior spelers uit om by hulle aan te sluit.

Dana van Vuuren, voorsitter van die klub het rugbyspelers só uitgenooi, “Kom ons hou saam, soos altyd, Randfontein Rugbyklub se naam hoog”.

Hy het vertel dat die klub nuwe komiteelede op die bestuurspan het, asook ‘n nuwe afrigter Frans Voster wat spesifiek die junior afdeling sal behartig. Daar is ook ‘n paar veranderings wat ander spanne aanbetref.

Afrigters:

• Hoof van afrigting (juniors) – Jacques Conradie

• Hoof van afrigting (seniors) – Louw Parsons

• Eerste- en tweedespanafrigters – Dirkus Jansen en Dawie Ernst

Dana het bygevoeg dat al was daar reeds talle veranderings het die klub nog afrigters, spanbestuurders en ondersteuning nodig – spesifiek ‘n derdespanafrigter asook -spanbestuurders. Die klub is ook op soek na ‘n fisioterapeut.

“Kom sluit by ons aan en dra sodoende jou rugbykennis en -liefde oor aan ons dorp se talentvolle spelers.”

Oefentye:

• Maandae, Dinsdae en Donderdae van 6.45nm tot 9nm

Proewe:

• Dinsdag, 31 Januarie en finale proewe Saterdag, 4 Februarie

Vriendskaplike wedstryde:

• Teine teen Vereeniging – 18 Februarie (tuis)

• Teine teen Springs – 25 Februarie (weg)

• Teine teen Brits – 4 Maart (weg)

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version