Local newsNews

AfriForum kom R’fontein toe

AfriForum gaan 'n tak in R'fontein stig – voorlopige datum is 7 Februarie 2017.

AfriForum gaan sy vlerke in Randfontein sprei.

So het Matiam van Vuuren, ‘n Randfontein-inwoner en AfriForum-lid belowe.

Verlede jaar het Randfontein en Westonaria saamgesmelt en staan nou as die Rand West City Local Municipality bekend. Daar is alreeds ‘n AfriForum-tak in Westonaria maar nou is dit Randfontein se beurt.

AfriForum is ‘n nie-regeringsorganisasie, geregistreer as ‘n maatskappy sonder winsoogmerk. Hulle fokus spesifiek op die regte van Afrikaners.

Volgens die AfriForum-webwerf is lidmaatskap nie eksklusief nie en enige persoon wat hom met die inhoud van AfriForum se Burgerregtemanifes assosieer kan aansluit. Lede word gevra om ‘n maandelikse bedrag van hul eie keuse as ledegeld te betaal.

Die AfriForum Randfontein-tak se stigtingsvergadering gaan op Dinsdag, 7 Februarie by Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) plaasvind.

Van Vuuren doen ‘n beroep op alle AfriForum-lede, voornemende lede en alle belangstellendes om die takstigting by te woon.

Hy het vir die Herald van al AfriForum se projekte vertel en gesê dat hulle nie net ‘n organisasie vir die bevordering van menseregte is nie. Hulle werk ook met ander Afrikaanse organisasies saam wat op ander aspekte van Afrikaans fokus.

Hy het verduidelik hoe AfriForum ‘n verskil wil maak en nooi almal, ongeag hul velkleur om by die organisasie aan te sluit as hulle ook ‘n verskil wil maak.

Die stigtingsvergadering sal om 6.30nm vir 7nm in Jannas se skoolsaal plaasvind. “Sien alle lede daar,” het Matiam gesê.

Vir meer inligting, kontak vir Matiam by 084 411 2512 of matiamvv@gmail.com.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button