Local newsNews

‘n Skande van ‘n begraafplaas ontbloot

"Ondraagbaar" en "Ag nee sies man" is hoe die Westonaria-begrafplaas beskryf word. Kyk in watter toestand die ingang is hier.

‘n Begraafplaas waar mense hul geliefdes ter ruste lê is veronderstel om van hoek tot kant netjies te wees. Dit is egter nie die geval in Westonaria nie.

‘n Inwoner is glad nie beïndruk met die toestand van die Westonaria-begraafplaas nie.

Vullis by die ingang van die Westonaria-begraafplaas.
Vullis by die ingang van die Westonaria-begraafplaas.

Rudy Germishuizen, 56, ‘n besigheidsman het die Herald genooi om self te gaan kyk hoe die ingang van die einste begraafplaas lyk. Hy het die Herald voorheen ook oor die probleem genader.

Die Herald is deur ‘n vullishoop by die ingang begroet. Germishuizen het vertel dat dit sedert April verlede jaar so lyk en dat niemand iets doen om dit skoon te maak nie.

Op die Facebook-groep Westonaria Nuusblad kla talle inwoners oor die probleem. Een inwoner wat baie naby die begraafplaas bly, het genoem dat kakkerlakke ook ‘n groot probleem geword het.

“Die reuk is ondraaglik. Ek is seker hier is ook dooie honde onder die vullis,” het Germishuizen gesê.

Die Herald het in Desember die probleem onder die aandag van die Rand West Local City Municipality (RWCLM) gebring, maar tot dusver geen positiewe terugvoering ontvang nie. Die inwoners en Germishuizen dring nou daarop aan dat die munisipaliteit die saak ‘n prioriteit maak.

Op sosiale media het dit gegons.

Rudy Germishuizen by die Westonaria-begraafplaas se ingang.
Rudy Germishuizen by die Westonaria-begraafplaas se ingang.

Yolande Benson het gesê, “Ag nee, sies man”, terwyl Natasha de Jonge gesê het, “Ek ry daardie pad elke dag, en dit word by die dag vuiler”.

Daar is ook sprake dat AfriForum gaan inspring om te help, maar dit is nog nie bevestig nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook: 

Begrafplaas onversorg en gevaarlik

Die graf-raaisel ontvou

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Related Articles

Back to top button