NewsSchools

Jannas bereik nuwe hoogtes in jukskei

Twee Jannas-jukskeispelers is van die beste in die land.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se jukskeiseisoen het in 2016 op ‘n hoë noot geëindig en daarom begin hul 2017-seisoen op net so ‘n hoë noot.

Nege van die skool se jukskeispelers het vroeg in die Desember-skoolvakansie aan die Suid-Afrikaanse (SA) Jukskeikampioenskappe in Kroonstad deelgeneem.

Op 5 Desember het die Wes-Randse dubbelswedstryde plaasgevind en elke speler het ‘n gemiddeld van 10 wedstryde gespeel.

Spelers wat medaljes verower het:

• Ruan Steyn — brons (seuns o.19A)

• Dyllan Broodryk — silwer (seuns o.19B)

• Dalèèn Nel — brons (gemeng o.16A)

Die wedstryde vir die verskillende distrikte het op 6 Desember plaasgevind en die spelers het ‘n gemiddeld van 20 wedstryde gespeel.

Spelers wat medaljes verower het:

• Ruan Steyn — 4de (seuns o.19A)

• Dyllan Broodryk — silwer (seuns o.19B)

• Dalèèn Nel — silwer (gemeng o.16A)

• Ryno Pienaar — brons (seuns o.19B2)

• Tiaan Fourie — goud (seuns o.16A)

• Talita Steyn — silwer (dogters o.16A)

Na die distriktewedstryde is Tiaan en Dalèèn gekies om die Gauteng-streek te verteenwoordig. Hier het hulle met vyf ander streke meegeding. Tiaan en Dalèèn het in hul spanverband goud verower.

Na afloop van die streekwedstryde is die SA- en SA A-span aangekondig. Die vyf beste spelers is vir die SA-span gekies en die naasbeste vyf vir die SA A-span. Tiaan en Dalèèn is albei vir die SA-span gekies.

Tiaan se span het ‘n toets teen Namibië gespeel en goud verower. Dalèèn se span het teen die SA A-span gespeel omdat Namibië nie ‘n o.16-dogterspan gehad nie. In hierdie wedstryd het hulle ook goud gekry.

Hierdie twee jukskei-ysters gaan van 27 April tot 7 Mei vanjaar aan die nasionale toer in Namibië deelneem. Tydens die toer gaan hulle Suid-Afrika in toetswedstryde teen Namibië verteenwoordig.

Lees ook

Jannas se 56 nuwe VLR-lede bekendgemaak

Wiskunde belangrik vir Jannas

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button