Vier-dae-oue baba het R’fontein se hulp nodig

Met die baba se geboorte was sy naelstring twee keer om sy nek gedraai.

Klein Andries van Vollenhoven is op Sondagoggend met ‘n noodkeiser in die wêreld gebring nadat daar gedurende sy ma se swangerskap agtergekom is dat sy hartjie met rukke opgehou klop het.

Met Andries se geboorte was die naelstring twee keer om sy nek gedraai. Hy is tans in die neonatale intensiewesorgeenheid (NISE) in Life Robinson Hospitaal.

Sy ouers kan nie die kostes dek nie maar Robinson het hulle 30 dae gegee om die geld bymekaar te kry. As sy ouers nie finansiële hulp ontvang nie, gaan Andries na ‘n staatshospitaal oorgeplaas word.

Sy familie is bekommerd dat hy nie die nodige behandeling betyds by ‘n staatshospitaal sal kry nie.

Child Medi Organisasie is tans besig om fondse in te samel vir die gesin. Nadia de Waal, Child Medi-woordvoerder het gesê, “Ons vra die hele gemeenskap om ons te help om genoeg fondse in te samel om klein Andries in die NISE te kan hou.”

Vir enige verdere inligting of om ‘n donasie te gee, kan Child Medi se Facebook-blad besoek word. Die bankbesonderhede is op die Facebook-blad en op hul webwerf by www.childmedi.org.

Melanie van Staden, bemarkingskoördineerder van Life Robinson Hospitaal het haar kommentaar in Engels as volg vir die Herald op Vrydag, 13 Januarie gestuur.

“We wish to assure the van Vollenhoven family as well as the local community that Life Robinson Hospital prides itself in providing the best quality care to all our patients. We consult with all private maternity patients (those not on a medical aid) before completing the admission process, outlining the terms, conditions and risks to ensure they are informed and prepared for any circumstance which may arise during pregnancy or after birth.

“Unfortunately challenges may arise, such as new born babies requiring additional medical care after complication with the birth. In the case of the van Vollenhoven baby, the hospital has assisted the family with submitting their application to register their baby on a medical aid scheme.

“We are awaiting confirmation of approval from the medical scheme. In the meantime, baby van Vollenhoven will continue to receive the best possible care in the hospital’s neonatal intensive care unit.”

Lees ook

Nog geen antwoord oor baba Joshua se dood nie

Baba Duncan vorder goed na operasie

Exit mobile version