NewsSchools

VIDEO: Matrieks van 2016 juig

Groep twee van Randfontein se matriekklas van 2016 baljaar nadat die matriekuitslae aangekondig is.

Die wag is oor, en die tyd vir naels kou is verby nadat Randfontein se 2016-matrieks op Woensdag, 5 Januarie hul matriekuitslae ontvang het.

Met die tweede groep skole wat die Herald besoek het, was Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) eerste op die lys.

By Jannas was daar nie ‘n gesig waarop daar nie ‘n glimlag was nie. Trotse ouers en grootouers het saam met hul kinders en kleinkinders gegaan om dié belangrike uitslae te kry.

Die hoof, Julius Katzke en sy personeel het vir hulle in die skoolsaal met goeie nuus en sjampanje gewag. Hy het elke 2016-matriekleerder persoonlik geluk en sterkte toegewens.

Jannas-skoolhoof, Julius Katzke en Renier van Dyk, een van die skool se top 2016-matrikulante.
Jannas-skoolhoof, Julius Katzke en Renier van Dyk, een van die skool se top 2016-matrikulante.

 

Daarna is Randview College besoek maar in teenstelling met Jannas, was Randview nie vol opgewonde voormalige leerders nie.

Die skoolhoof, Paul Mwondha, het gesê hulle kry min matrikulante en dié wat hulle wel het, kry hul uitslae gewoonlik in koerante. Hy’t bygevoeg dat hul 2016-matrieks op daardie dag te besig was om hul uitslae te vier en dit eers later by die kollege sou gaan haal.

Jacobus Nel met sy matriekuitslae.
Rand View Collage se skoolhoof, Paul Mwondha is trots op sy Natuur- en Skeikunde (NAS) 2016-leerders.

Mwondha het gesê hy is baie trots op verlede jaar se matrikulante, veral omdat die hele 2016-groep Natuur- en Skeikunde (NAS) geslaag het. Hy het gesê dit is die eerste keer dat almal deur is, wat wys daar is ‘n verbetering.

Dit is nou tyd vir Randfontein se jeug om in die wêreld uit te gaan en ‘n verskil in die grootmenslewe te maak.

Fanie du Bruyn en seun Marnus. Pa lees sy seun se uitslae.
Fanie du Bruyn en seun Marnus. Pa lees sy seun se uitslae.

Lees ook

Bewoë Jannas matrieks groet skool

Randfontein-matrieks vier 2016 sukses

Related Articles

Back to top button