Local newsNews

Wat ‘n Graad 1-ma moet weet

'n Plaaslike onderwyseres en Graad 1-ma gee ander ma's wenke hoe om Graad 1 te oorleef.

‘n Ma wat reeds 14 jaar skoolhou gee graag vir ander Graad 1-ma’s wenke oor hoe om kop bo water te hou met ‘n kind of kinders wat binnekort ‘grootskool’ of Graad 1 toe gaan.

Dit is Annie Nolan, onderwyseres by Laerskool Randfontein (Ram), se eerste jaar as die ma van ‘n Graad 1-leerder.

Haar goue wenk is dat ouers met onderwysers saamwerk om ‘n goeie verhouding te bou, wat uiteindelik tot die leerders se voordeel strek.

“Deur die jare het ek al baie keer gewonder hoekom die ouers van die leerders sekere goed nie weet nie, maar nou verstaan ek dit baie beter want wat jou eie kind betref, is jy nie altyd objektief nie. Jou eie kind is van die uiterste belang vir jou en dis nie altyd maklik om te onthou die juffrou sit elke dag met 40 sulke spesiale kinders voor haar nie,” het Annie vertel.

‱ Ouers se kinders is vir hulle die belangrikste! Onthou, daar sal altyd iemand wees wat slimmer is, vinniger hardloop, beter ‘n bal kan vang en ‘n sterker leier as jou kind is. Gee jou kind die geleentheid om vir jou te wys wie hy of sy is. Laat hulle toe om hulself te wees, nie wie jy graag wil hĂȘ hulle moet wees nie.

‱ Jou kind is ‘n spieĂ«lbeeld van wie jy is. Goeie maniere en waardes word by die huis aangeleer. So leer jou kind om regop te staan en die persoon wat met jou hom of haar praat, in die oĂ« te kyk. ‘Asseblief’ en ‘dankie’ is baie belangrike woorde. Eerlikheid en opregtheid is skaars in vandag se lewe.

‱ Dis van kardinale belang vir jou as ouer om op hoogte te bly van wat by die skool aangaan. Lees die briewe, kry die Communicator op jou foon en gaan elke dag deur jou kind se tas en huiswerkboek. Dis die vinnigste manier om probleme raak te sien.

‱ Maak seker jou kind is elke dag reg vir skool – netjies, skoon en in die voorgeskrewe skoolklere. Dis baie erg vir ‘n jong kind as hy of sy aangespreek word oor stukkende klere of lang hare, wat nie eintlik hul skuld is nie.

‱ Pak vir jou kind ‘n gesonde en gebalanseerde kosblik. Laat hulle help om die kos in te pak, want dan weet jy hulle gaan dit eet. Dis skokkend om te sien hoeveel kinders hul kos pouses weggooi want ma het iets op die brood gesmeer waarvan hulle nie hou nie.

‱ Berei jouself voor vir ‘n oueraand waartydens jy ‘n rapport gaan afhaal. Gaan deur al jou kind se boeke en assesserings, want anders gaan jy dalk ‘n groot skok kry en nie weet wat om te sĂȘ nie.

“Dis ‘n nuwe skooljaar met onbeperkte geleenthede en ‘n kans vir ‘n nuwe begin by ‘n nuwe juffrou. Gryp elke geleentheid met albei hande aan en maak die beste van die skooljaar!” is Annie se raad.

Henk, Christiaan en Annie Nolan. Annie sĂȘ ma's moet seker maak hul kinders is elke dag reg vir skool.
Henk, Christiaan en Annie Nolan. Annie sĂȘ ma’s moet seker maak hul kinders is elke dag reg vir skool.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort Record, Krugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button