Jannas-sewesspeler maak naam in Dubai

Jannas-sewesrugbyspeler lid van o.19 Dream Team wat Plaat-afdeling in Dubai gewen het.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se Vincent de Bruyn het aan die einde van 2016 die skool se naam hoog gehou tydens ‘n sewesrugbytoernooi in Dubai.

Vincent was deel van die o.19 Vision Sports Dream Team wat aan die Plaat-eindstryd deelgeneem het.

Die span was in Groep A saam met die Centurian Uitnodigingspan, All Stars en ‘n Franse o.19-span.

Op dag een was hul eerste kragmeting teen Centurian en hulle het hulle 17–13 geklop. Daarna het hulle teen die manne van Frankryk te staan gekom en die knie 26–10 gebuig. Op dag twee was hulle terug op die wenpad teen die All Stars teen wie hulle moes wen om te kon kwalifiseer vir die Beker-afdeling. Ongelukkig was hul opponent, die North West Barbarians, in die kwarteindstryd net te goed en was met 36–10 baas.

Hulle het toe deurgedring na die halfeindstryd van die Plaat-afdeling waar hulle die Suid-Afrikaanse LPG Warriors 26–10 geklop het. In die eindstryd het Vincent se span hul beste rugby tot dusver gespeel om die 2015 Dubai-plaatwenners, ‘n gedugte nasionale span van Mauritius, 33–12 slae te gee.

Volgens Vincent was dit vir hom ‘n groot eer om onder Frankie Horn – die voormalige Blitzbok en veteraan van 68 sewestoernooie – asook Charles van der Westhuizen te kon oefen.

Ek dink ons almal het geweldig baie by Frankie-hulle geleer. Ons gaan beslis as beter rugbyspelers terugkeer. Die toer het my die kans gegee om Dubai te sien en die hoogste gebou ter wêreld asook die grootste waterpark te aanskou. Die woestynrit was ook baie interessant. Die hele ervaring is een van die grootstes in my lewe.”

Vincent de Bruyn sê dat dit vir hom ‘n groot eer was om deel te neem aan die Dubai-sewesrugbytoernooi. Foto ingestuur.

Lees ook

Hoërskool Jan Viljoen vier matriekuitslae 2015

Jannas spog met hul ryk geskiedenis

Exit mobile version