Gehoorapparaat kom tot nege inwoners se redding

Nege inwoners se lewens verander danksy gehoorapparaat.

Life Robinson Privaat Hospitaal se Hearcare-afdeling het op Donderdag, 8 Desember nege gratis gehoorapparate aan inwoners – wat verskeie gehoorprobleme het – oorhandig.

Die ouerdomme van die nege persone strek van 18 tot 80 jaar.

Elri van der Merwe, oudioloog by Hearcare asook Marna de Beer, oudioloog en verkoopskonsultant van Beltone het die apparate tydens ‘n gesellige geleentheid oorhandig. Die inwoners het elk ook ‘n geliefde saamgebring.

Dit is die tweede geleentheid waartydens mense wat hulp benodig met gehoorapparate bederf is. Die eerste keer was in 2014. Hearcare het die kompetisie geloods deur ‘n advertensie te plaas om mense aan te moedig om te motiveer hoekom hulle ‘n gehoorapparaat dringend nodig het.

Elri het daarna nege mense geïdentifiseer wat dringend ‘n apparaat benodig nadat sy hul gehoor getoets het. Sy het verduidelik dat die gedagte is om ‘n waardevolle verskil in die mense se lewens te maak.

Die gehoorapparate gaan ook die lewenskwaliteit van die mense op verskeie maniere verbeter. Verhoudings wat onder die gehoorverlies skade gely het, sal ook nou herstel kan word,” het Elri gesê.

Sy het bygevoeg dat al die mense met gehoorprobleme se situasies verskil maar dat een persoon, Adriaan Dekker, 18, vir haar uitgestaan het.

Adriaan Dekker, 18, ontvang sy gehoorapparaat.

“Adriaan was besig met sy matriekeksamen en hy het met sy Biologie-handboek in Hearcare se ontvangs gesit en leer kort voor ek sy gehoor getoets het. Ten spyte van Adriaan se gehoorverlies, het hy uitstekend gevaar en wag nou om te hoor of hy toelating tot ‘n universiteit gekry het.

Marna de Beer van Beltone het gesê, “Dit is ‘n groot voorreg om deel te kan wees van hierdie spesiale geleentheid. Beltone is ‘n gevestigde produk wat vir 75 jaar lank bestaan. Ons produk gaan definitief almal se lewens verbeter.”

Die bekende dr Elize de Koker was ook teenwoordig en baie emosioneel toe die gelukkiges hul gehoorapparaat ontvang het.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version