CrimeNews

Vrou en kinders glo deur ‘polisie’ afgetrek, geïntimideer

Die Randfontein Polisie stel ondersoek in nadat 'n vrou met twee kinders in haar voertuig glo sonder rede deur polisielede van die pad afgetrek en geïntimideer is.

Die Randfontein Polisie is besig met ‘n interne ondersoek nadat ‘n vrou met twee kinders in haar voertuig glo sonder rede deur polisielede van die pad afgetrek en geïntimideer is.

In ‘n selfoonvideo wat aan die Herald gestuur is, is twee ontstelde kinders duidelik sigbaar nadat een van hulle se ma, Lelanie Venter, deur polisielede beveel is om stil te hou en hulle een van die kinders glo uit die motor gehaal is.

Die Herald het die voorval dadelik onder die aandag van kaptein Appel Ernst, Randfontein Polisie-woordvoerder gebring.

“Ek het dit gesien,” het sy geantwoord.

Venter het aan die Herald verduidelik dat sy haar huishulp by die Randfontein-stasie gaan aflaai het. Haar seun, 6, en haar suster se kind was saam in die motor.

Op pad terug huis toe het ‘n polisievoertuig met ses insittendes na bewering agter haar gery. Sy het bane verwissel sodat die polisievoertuig haar kon verbysteek. Die polisievoertuig het egter agter haar gebly. Venter het glo weer bane verwissel, maar die polisielede het aanhou beduie dat sy van die pad moes aftrek.

Venter het geantwoord dat sy sou stop waar dit veiliger was. Daarna het ‘n polisiebeampte wat nie in uniform was nie op Venter afgestorm en glo geskreeu, “Klim uit die kar!”. Nog ‘n polisiebeampte, wat ook nie in uniform was nie, het uit die polisievoertuig geklim en een van die kinders uit Venter se voertuig gehaal.

Die eienaar van ‘n salon daar naby het gaan ondersoek instel maar een van die polisiebeamptes het haar na bewering weggestoot. Haar man het toe ook daar aangekom en die polisie gewaarsku om hul hande van sy vrou af te hou.

Venter het intussen ‘n familielid geskakel wat tot haar redding gekom het, maar die polisie het toe sonder ‘n woord weggery.

Ernst het bevestig dat die polisie met ‘n interne ondersoek besig is en dat sy nie kan verstaan hoekom Venter in die eerste plek van die pad afgetrek is nie.

Lees ook:

Verklaring by polisie ontaard in ‘n nagmerrie

Jonges op sypaadjie gedreig en beroof

Related Articles

Back to top button