Local newsNews

Gebede verhoor

Just In Time Baby Sanctuary se baba's vier fees danksy skenkings.

Dankie Randfontein!

Danksy goedhartige gemeenskapslede was die Herald se Help ‘n Baba-projek ‘n sukses en sal ‘n hele aantal hulpbehoewende babas hierdie feesseisoen daarby baat.

Ons het die projek vroeg in November geloods juis om die babas op enige manier moontlik te kon help. In minder as ‘n maand is sakke vol basiese benodigdhede soos frokkies, borslappies, doeke, boudsalf, ‘Wet wipes’, ‘n doeksak, omruilmatras, seep, sjampoe, borsel, watte, poeier, lyfroom, komberse en klere ons kantoor afgelaai.

Die organisasie aan wie ons die skenkings oorhandig het, is Just in Time Baby Sanctuary.

Georgina Caetano, stigter van die organisasie was in die wolke oor die skenkings.

“Ons is natuurlik baie dankbaar want elke bietjie help. Dis nie net vir ons nie, dit strek verder as net die organisasie self. Ons help ook ma’s in die gemeenskap met wie dit baie swaar gaan. Die skenkings is gebede wat verhoor is.

“Tans help ons ‘n familie in Krugersdorp-Wes. Die vrou het drie dogters – waarvan een ‘n baba is. Die ma werk nie en daar is geen teken van die pa nie. ‘n Ander ma gaan in Februarie geboorte gee – sy sukkel ook.”

Tot dusver het Just In Time Baby Sanctuary reeds nege kinders bygestaan.

Georgina het bygevoeg, “Ons is ‘n projek van Sy Volle Lewe Bedieninge waarvan Pastoor Jakes Joubert die stigter is. Met sy ondersteuning kan ons aansoek doen vir skenkings”.

Enige hulp, van watter aard ook al aan die Wes-Rand is welkom. As jy jou hart wil oopmaak vir Just In Time kan jy Georginia skakel by 062 045 8219.

Also read:

Baby found in a pool of  blood

BREAKING NEWS: Father allegedly murders daughter

Grandfather burns himself and grandson alive

Related Articles

Back to top button