Westonaria Hyundai gee terug aan die gemeenskap

" Baie dankie vir almal wat ons nog altyd ondersteun het. Almal moet 'n geseënde Kersfees hê en 'n voorspoedige, veilige nuwe jaar." - Hanna Volschenk

Op Maandag, 5 Desember, het Hyundai Westonaria drie pryse aan gelukkige kliënte oorhandig wat aan ‘n gelukstrekking deelgeneem het.

Die inisiatief deur Hyundai Westonaria is die eerste van sy soort, en sal weer dié maand en eerskomende Januarie aangebied word.

Ridwan Jadwat is glimlag van oor tot oor terwyl hy sy eerste prys van Willie du Plessis, Hyundai Westonaria se Diensbestuurder ontvang.

Die drie gelukkiges wie se name getrek is, is Ridwan Jadwat, Micheal Ntlemo en Michael Hershensohn. Ridwan het die eerste prys ontvang, wat beteken het dat hy sy motordiensgeld ten volle teruggekry het.

Michael Ntlemo het R500 vir petrol gekry, en Michael Hershensohn het as die derde prys ‘n pakkie van Hyundai Westonaria se onderdele-afdeling ontvang.

Ridwan Jadwat is glimlag van oor tot oor terwyl hy sy eerste prys van Willie du Plessis ontvang.

Willie du Plessies , Hyundai Westonaria se Diensbestuurder, het die eerste prys aan Ridwan oorhandig. Hanna Volschenk, die diensadviseur, en haar assistent Gwen Madihlaba, het die tweede prys aan Michael Ntlemo oorhandig.

Michael Hershensohn het sy derde prys van Eddie Ehrke ontvang, wat in beheer is van Hyundai se onderdele-afdeling.

Eddie Ehrke oorhandig die derde prys aan Michael Hershensohnn, wat uit ‘n pakkie van die onderdele-afdeling bestaan.

Hyundai Westonaria bestaan al sedert 2006. Hanna Volschenk, wat al vyf jaar in hul diens is, sê aan die wenners, maar ook aan al hulle kliënte, “Baie dankie vir almal wat ons nog altyd ondersteun het. Almal moet ‘n geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige, veilige nuwe jaar geniet.”

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version