Vrou stel hartroerende digbundel bekend

Beatrix Hooman wat die harde kant van die lewe al baie gesien het stel 'n digbundel bekend.

Op Saterdag, 3 Desember het Beatrix Hooman haar digbundel, In die nate van my siel by Vriendskaptuiste bekendgestel. Van die gaste het vêr gereis om Beatrix te ondersteun.

Beatrix Hooman lees van haar gedigte voor

Ds Nico van Rensburg van die NG Kerk Helikonpark het die verrigtinge geopen en ‘n sonneblom aan haar oorhandig. Hy ken vir Beatrix al baie jare lank.

Beatrix is ‘n digter, maar bowenal ‘n inwoner wat die harde kant van die lewe al baie gesien het.

Sy kom oorspronklik van die destydse Wes-Transvaal en kom uit ‘n musikale familie. Beatrix is gebore met ‘n chromosoomafwyking, nekwerwel- en sigprobleme en moet ook ‘n rugoperasie ondergaan. Sy ken ook al die hartseer en pyn van kanker.

Tanya V het die gehoor betower

In Beatrix se donkerste dae het sy aan God vasgeklou. Daar het sy haar inspirasie gekry om haar lewenservaringe in digvorm uit te druk. Tydens die bekendstelling het sy verskeie van haar gedigte voorgelees, wat die gehoor diep geraak het.

Leerders van Hoërskool Riebeeckrand en Hoërskool Jan Viljoen het ook van die gedigte voorgelees en dramastukke uit die boonste rakke opgevoer. Een van die leerders het die liedjie, Beautiful, uitstekend uitgevoer en die gehoor het dit terdeë geniet.

Dominee Nico van Rensburg oorhandig ‘n sonneblom aan Beatrix.

Die bekende sanger Tanya V het ook verskeie liedjies gesing wat insluit, Hallelujah en Have you ever seen the rain, The Story, I’m alive, Bring jou hart en ook Skipskop.

Na die geleentheid is daar lootjies getrek en van die gaste het wonderlike pryse gewen. Daar was selfs ‘n prys ter waarde van R3 000. Beatrix het ook al die persone bedank deur haar eie handgemaakte geskenke vir hulle te gee.

Die gaste was ook bederf met heerlike verversings. Die bekendstelling was ‘n groot sukses en talle gaste het haar digbundel gekoop.

• Navrae: Skakel Beatrix by 076 910 4000.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Exit mobile version