Laerskool Randfontein (Ram) het onlangs hul Graad 7-leerders se harde werk gedurende 2016 met toekennings beloon.
Die prysuitdeling het Donderdagoggend 1 Desember in die skoolsaal plaasgevind en Graad 7-ouers asook familielede het tyd ingeruim om hul kinders geluk te wens. Ram se skooljaar is ook met dié prysuitdeling amptelik afgesluit.
Vanjaar se prysuitdeling was soos geen ander jaar nie aangesien die skool besluit het om nuwe tradisies te begin deur nuwe toekennings te gee.
Die prysuitdeling het ook nie net oor sertifikate en trofeë gegaan nie; van die Graad 7’s het vir vermaak gesorg. Daar was monoloë asook viool- en klaviersolo’s.
Elke Graad 7-leerder het ‘n toekenning gekry vir hul harde werk hierdie jaar. Dit is vir Ram-skoolhoof, Leon Haupt belangrik dat elke leerder in die skool erkenning moet kry.
Leon besef ook dat 2016 nie ‘n sukses sou wees sonder sy bekwame Graad 7-personeel nie en het seker gemaak dat elkeen van hulle ‘n toekenning kry vir hul bydrae.
Welgedaan Rammies! Volgende jaar maak ons weer so,” het skoolwoordvoerder Annie Nolan gesê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in)
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!