NewsSchools

Ram se Graad 7-leerders kry erkenning vir harde werk

VIDEO: Ram se Graad 7-leerders sluit 'n hoofstuk in hul lewens af.

Laerskool Randfontein (Ram) het onlangs hul Graad 7-leerders se harde werk gedurende 2016 met toekennings beloon.

Die prysuitdeling het Donderdagoggend 1 Desember in die skoolsaal plaasgevind en Graad 7-ouers asook familielede het tyd ingeruim om hul kinders geluk te wens. Ram se skooljaar is ook met dié prysuitdeling amptelik afgesluit.

Daniel Thompson het gesorg vir vermaak en het 'n klaviersolo vir die gehoor gelewer.
Daniel Thompson het gesorg vir vermaak en het ‘n klaviersolo vir die gehoor gelewer.

 

Vanjaar se prysuitdeling was soos geen ander jaar nie aangesien die skool besluit het om nuwe tradisies te begin deur nuwe toekennings te gee.

Die prysuitdeling het ook nie net oor sertifikate en trofeë gegaan nie; van die Graad 7’s het vir vermaak gesorg. Daar was monoloë asook viool- en klaviersolo’s.

Junita Murray wys hoe lyk die sertifikaat wat sy vir al haar harde werk ontvang het.
Junita Murray wys hoe lyk die sertifikaat wat sy vir al haar harde werk ontvang het.

Elke Graad 7-leerder het ‘n toekenning gekry vir hul harde werk hierdie jaar. Dit is vir Ram-skoolhoof, Leon Haupt belangrik dat elke leerder in die skool erkenning moet kry.

Leon besef ook dat 2016 nie ‘n sukses sou wees sonder sy bekwame Graad 7-personeel nie en het seker gemaak dat elkeen van hulle ‘n toekenning kry vir hul bydrae.

Nicole Reintsbok het 'n toekenning gekry vir haar harde werk.
Nicole Reintsbok het ‘n toekenning gekry vir haar harde werk.

Welgedaan Rammies! Volgende jaar maak ons weer so,” het skoolwoordvoerder Annie Nolan gesê.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in)

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button