Local newsNewsUpdate

Name van paartjie in gru-ongeluk bekendgemaak

Die naam van die bejaarde man wat tragies gesterf het en dié van sy lewensmaat wat ernstig beseer is in 'n motorongeluk oor die naweek is nou bekend.

Die naam van die bejaarde man wat die afgelope naweek na ‘n motorongeluk in die hospitaal gesterf het, is Dinsdag aan die Herald bekendgemaak.

Die Herald het gister (5 Desember) berig dat die man, nou bekend as Reinier Kruger, 63, Maandag oorlede is weens die beserings wat hy tydens die ongeluk opgedoen het.

Reinier Kruger, 63, wat Maandag aan sy beserings oorlede is. Foto ingestuur.
Reinier Kruger, 63, wat Maandag aan sy beserings oorlede is. Foto ingestuur.

Kruger en Gloria Louw, 64, is Saterdagaand (3 Desember) omstreeks 6.40nm ernstig beseer in ‘n botsing met ‘n taxi op die hoek van Lazaar- en Horingbeklaan in Helikonpark.

Elsie Visser, Kruger se suster het Maandagaand die Herald vertel dat haar broer en Louw 32 jaar lank ‘n paartjie was.

Omdat hulle nie ‘n mediese fonds het nie, is hulle na Leratong Hospitaal in Krugersdorp geneem.

“Ek was by die hospitaal, waar ek vir hom ‘n lêer oopgemaak het. Daarna het ons gewag dat hy opgeneem word. Hy het met my gepraat en gesê dat sy bors seer is en dat hy sukkel om asem te haal,” het Visser gesê.

Volgens haar het die dokter aan haar gesê dat hulle aan sy bekken moet opereer. Louw, wat eerste deur ER24 na die hospitaal geneem is, was in ‘n ander saal. Visser het die paartjie ook deurentyd bygestaan. Sy het vertel hoe haar broer se bors aangehou swel het. Hy het ook vir pynmedikasie gevra.

“Gloria was baie kort van asem en ek dink haar ribbe is gebreek. Ek moes aan haar die tragiese van my broer se dood oordra.”

Volgens ‘n jarelange vriend, wat voor die paartjie gery het, het die taxi glo met ‘n spoed in Homesteadlaan af gekom en in die paartjie vasgery wat van Lazaarlaan se rigting af regs in Horingbeklaan gedraai het.

Daar was glo tussen 10 en 12 passasiers in die taxi wat almal na hospitale geneem is.

Also Read:

Woman airlifter after W’aria crash

Car caught fire: One dead six injured in taxi car collision

 

Related Articles

Back to top button