NewsSchools

Jannas bedank hul besondere borge

Jannas sien uit om weer volgende jaar met nuwe ywer die tog met sulke besondere borge aan te pak.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het onlangs hul borge vir 2016 met ‘n heerlike ontbyt by Usambara in Muldersdrift in Krugersdorp bedank.

Die spoggeleenthede wat die skool reël is nie goedkoop nie, maar danksy hul borge kon hulle dit hierdie jaar in ware Jannas-styl aanbied.

Jannas het hul borge bedank met 'n heerlike ontbyt by Usambara. Foto: Ingesruur
Jannas het hul borge bedank met ‘n heerlike ontbyt by Usambara. Foto: Ingesruur

Die hoof en personeel besef hoe bevoorreg hulle is om soveel borge te kan hê wat bydra tot die sukses van die skool.

Die gasspreker vir die geleentheid was die bekende ekonoom Christo Luus wat interessante inligting gegee het en die borge moed ingepraat het vir die toekoms.

Jannas het hul borge bedank met 'n heerlike ontbyt by Usambara. Foto: Ingestuur
Jannas het hul borge bedank met ‘n heerlike ontbyt by Usambara. Foto: Ingestuur

Magdie Vermeulen, wat die funksie gereël het, bedank weereens elke borg, persoon en die Usambara-personeel wat die dag geborg en moontlik gemaak het.

Jannas besef hoe bevoorreg hulle is om soveel borge te kan hê wat bydra tot die sukses van die skool. Foto: Ingestuur
Jannas besef hoe bevoorreg hulle is om soveel borge te kan hê wat bydra tot die sukses van die skool. Foto: Ingestuur

“Jannas sien uit om weer volgende jaar met nuwe ywer die tog met sulke besondere borge aan te pak,” het Tamaryn Smith, Jannas-woordvoerder gesê.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button