Local newsNews

R’fontein se eie Michael Bublé

'n Musiekstudent van FJ Wells Musiekskool is besig om die musiekwêreld aan die brand te sing.

Reinhardt le Roux, ‘n musiekstudent by FJ Wells Musiekskool en ‘n Graad 12-leerder by Hoërskool Riebeeckrand is besig om die musiekwêreld aan die brand te sing.

Reinhardt se prestasies vir 2016 is ongelooflik.

Reinhardt le Roux in aksie. Foto ingestuur.
Reinhardt le Roux in aksie. Foto ingestuur.

By die Raca Eisteddfod het hy 33 diamant-, 12 platinum- en vier gouesertifikate ontvang en was agt keer die kategoriewenner. Hy was ook die algehele wenner by Raca. Reinhardt is ook ‘n Diamantklublid. Tydens Hoërskool Monument se kunswedstryd het hy twee A ++’e en drie A+’e gekry. Daar was hy ook die Algehele ‘Vocal’-wenner en by die National Eisteddford Academy (NEA) het hy in die Young Performer Awards Competition die kwarteindrondte gehaal.

In die NEA Wes-Rand het hy ses diplomas verower en was een algehele itemwenner. Hy het ook die Ambassador’s Award losgeslaan en was onder die Top 10. Tydens die South African Talent Championships (SATCH) in Pretoria moes hy met deelnemers van regoor die land meegeding om gekies te word vir die AMTC/ SHINE-kompetisie wat volgende jaar in Orlando in die VSA gaan plaasvind. Tydens SATCH het hy een platinumsertifikaat met 90 persent verower, agt gouesertifikate behaal en onder die Top 10 geëindig nadat hy aan agt items deelgeneem het.

Reinhardt le Roux in aksie. Foto: Alanicka Lotriet
Reinhardt le Roux in aksie. Foto: Alanicka Lotriet

Reinhart was ook genooi om in drie Skouspele op te tree. Die grootste eer vir hom was om deel van SATCH se Skouspel te wees. Dit is ‘n professionele produksie waarvoor slegs ‘n uitgesoekte groepie uit al die sang- dans-, drama- en modelkategorieë gekies word om deel te neem. Hy het ook aan die RACA Gala Event deelgeneem, naamlik die NEA Skouspel Wes-Rand.

Reinhardt het ook by sy musiekskool se gala-geleentheid opgetree. Hy is ook onlangs weer gekies om deel te neem aan AMTC/ SHINE 2017. Hy is ook vroeër die jaar genooi om by die Kansa Wes-Rand Pink Drive-inisiatief op te tree waar hy die enigste musikant was.

Sy hoogtepunte was beslis die SATCH Skouspel, asook die Staatsteateroptrede van Riebeeckrand se dramagroep, Valkenburg, waarin hy die lied Valkenburg gesing het terwyl hy homself op die klavier begelei het.

By FJL Wells Musiekskool het hy ook drie trofeë ontvang, naamlik vir –

• Beste klavierprestasies

• Eerste plek in sang

• Die duxbeker as algehele beste presteerder van die skool

Reinhardt het uitmuntende talent, maar het gesê dat hy nie soveel sou bereik het sonder Annalien du Plessis, sy musiekafrigter en hoof van die departement van FJ Wells Musiekskool nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button