Laerskool Randfontein (Ram) het hul Graad 1- tot 6-leerlinge onlangs erkenning gegee vir hul harde werk deur die jaar.
Hul prysuitdelingsfunksies is van 31 Oktober tot 9 November onder die bekwame leiding van Annie Nolan gehou.
Vir skoolhoof Leon Haupt is dit baie belangrik dat elke leerder in die skool erkenning moet kry vir positiewe gedrag en besonderse prestasies. Die skool se prysuitdelingsbeleid maak daarvoor voorsiening.
Vanjaar se prysuitdelings was van besonderse hoë gehalte en ware spoggeleenthede. Die skoolsaal is pragtig versier, spesiale programme met ‘n groepfoto van die spesifieke graad is gedruk en trofeë is blink gepoets vir die geleenthede.
Tydens die Graad 1 tot Graad 6-prysuitdelings is daar 3 219 toekennings gedoen, waaronder vyf trofeë, 25 buitengewone erekleure en 18 erekleure.
Ram se Graad 4-leerders het eerste hul toekennings gekry. Die funksie is op ‘n hoogtepunt afgesluit met die Graad R-gradeplegtigheid.
Die leerders het baie hard gewerk en 86 leerders het spesiale geel balkies ontvang, terwyl 228 spesiale wit balkies ontvang het.
Die kultuurprestasie is uitgebrei met ‘n wisseltrofee vir die beste kultuurleerling in elke graad. Daar word 86 trofeë uitgedeel.
Die skool het hierdie jaar verskeie nuwe tradisies by hul prysuitdelings begin. Elke wisseltrofee-wenner het ‘n aandenkingslint ontvang. Die trofeë word ook nou deur die skool gegraveer en die leerders mag dit vir ‘n tydperk huis toe neem om by al die familielede te gaan spog.
Ram se 2016-skooljaar gaan amptelik afgesluit word met die gesogte Graad 7-prysuitdeling op 1 Desember omdat die leerlinge nog besig is met eksamen waarvolgens die akademiese toekennings bepaal word.
Die hoof en personeel van Ram is uiters trots op al die leerders se pragtige prestasies. “Welgedaan Rammies! Volgende jaar maak ons weer so,” het Annie gesê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!