NewsSchools

Ram se leerders beloon

'Wel gedaan Rammies! Volgende jaar maak ons weer so'

Laerskool Randfontein (Ram) het hul Graad 1- tot 6-leerlinge onlangs erkenning gegee vir hul harde werk deur die jaar.

Hul prysuitdelingsfunksies is van 31 Oktober tot 9 November onder die bekwame leiding van Annie Nolan gehou.

Vir skoolhoof Leon Haupt is dit baie belangrik dat elke leerder in die skool erkenning moet kry vir positiewe gedrag en besonderse prestasies. Die skool se prysuitdelingsbeleid maak daarvoor voorsiening.

Armand Martins, Ram se Graad 2-Kultuurleerder. Foto: Annie Nolan
Armand Martins, Ram se Graad 2-Kultuurleerder. Foto: Annie Nolan

Vanjaar se prysuitdelings was van besonderse hoĂ« gehalte en ware spoggeleenthede. Die skoolsaal is pragtig versier, spesiale programme met ‘n groepfoto van die spesifieke graad is gedruk en trofeĂ« is blink gepoets vir die geleenthede.

Tydens die Graad 1 tot Graad 6-prysuitdelings is daar 3 219 toekennings gedoen, waaronder vyf trofeë, 25 buitengewone erekleure en 18 erekleure.

Heinrich Obermeyer is Ram se nuwe Graad 1-Kultuurleerder. Hier is hy saam met Ram-skoolhoof, Leon Haupt. Foto: Annie Nolan
Heinrich Obermeyer is Ram se nuwe Graad 1-Kultuurleerder. Hier is hy saam met Ram-skoolhoof, Leon Haupt. Foto: Annie Nolan

Ram se Graad 4-leerders het eerste hul toekennings gekry. Die funksie is op ‘n hoogtepunt afgesluit met die Graad R-gradeplegtigheid.

Die leerders het baie hard gewerk en 86 leerders het spesiale geel balkies ontvang, terwyl 228 spesiale wit balkies ontvang het.

Die kultuurprestasie is uitgebrei met ‘n wisseltrofee vir die beste kultuurleerling in elke graad. Daar word 86 trofeĂ« uitgedeel.

Karla Strydom is Ram se Graad 4-duxleerder. Foto: Annie Nolan
Karla Strydom is Ram se Graad 4-duxleerder. Foto: Annie Nolan

Die skool het hierdie jaar verskeie nuwe tradisies by hul prysuitdelings begin. Elke wisseltrofee-wenner het ‘n aandenkingslint ontvang. Die trofeĂ« word ook nou deur die skool gegraveer en die leerders mag dit vir ‘n tydperk huis toe neem om by al die familielede te gaan spog.

Ram se 2016-skooljaar gaan amptelik afgesluit word met die gesogte Graad 7-prysuitdeling op 1 Desember omdat die leerlinge nog besig is met eksamen waarvolgens die akademiese toekennings bepaal word.

Alexia Smyth is Ram se Graad 3-Kultuurleerder en ook die Algehele Beste Junior Kultuurleerder  vir Graad 1 tot 3. Foto: Annie Nolan
Alexia Smyth is Ram se Graad 3-Kultuurleerder en ook die Algehele Beste Junior Kultuurleerder vir Graad 1 tot 3. Foto: Annie Nolan

Die hoof en personeel van Ram is uiters trots op al die leerders se pragtige prestasies. “Welgedaan Rammies! Volgende jaar maak ons weer so,” het Annie gesĂŞ.

Het jy dalk meer inligting rakende diĂ© storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button