Local newsNews

‘n Blink rugbytoekoms wag vir Kwagga en Enrico

Twee voormalige leerders van Laerskool Randfontein het 'n blink rugbytoekoms.

Twee Randfonteiners en voormalige leerders van Laerskool Randfontein het ‘n blink rugbytoekoms.

Cristen (Kwagga) van Niekerk, 17, en Enrico Luit, 18, was vroeƫr vanjaar lede van die o.18 Goue Leeus Cravenweekspan. Die jaarlikse toernooi het van 11 tot 16 Julie by Kearsney College in Durban plaasgevind.

DiĆ© bobaas-rugbyspelers was albei in Ram en was die kapteins van die skool se eersterugbyspan, onderskeidelik in 2012 en 2011. Kwagga is tans ‘n leerder aan HoĆ«rskool Monument en is reeds besig met die skool se voorseisoenrugbyprogram vir volgende jaar. Enrico is pas klaar met sy matriekeindeksamen by HoĆ«rskool Florida.

Albei die spelers het al vantevore die Goue Leeus verteenwoordig. Cristen het in 2011 die Leeus verteenwoordig in die o.12-span en in 2012 het hy die Leeus se o.13 Cravenweek-span gehaal. In 2015 was hy die kaptein van die Leeus se o.16 Akademiespan.

Cristen (Kwagga) van Niekerk en Enrico Luit.
Cristen (Kwagga) van Niekerk en Enrico Luit.

Kwagga het verlede jaar die Saru o.16 Hoƫprestasie-span gehaal. Hy was in 2014 en 2015 lid van onderskeidelik die Leeus se o.16 en o.18 Presidentspan.

Op dag een tydens die Cravenweek was Enrico in die beginspan wat gemaklik met die SWD Arende afgereken het. Kwagga het in die laaste 10 minute speelkans gekry nadat een van die spelers ‘n besering opgedoen het. Op dag drie was dit Kwagga se beurt in die beginspan van die Goue Leeus wat die Bulle behoorlik ‘n rugbyles met ‘n oorwinning van 41ā€“14 geleer het.

Na die goeie vertoning is die Leeus gekies om in die nie-amptelike finaal van die Cranvenweek teen die WP te speel. Die Leeus is al vroeg afgeskryf aangesien die WP die afgelope twee jaar nog geen Cravenweek-wedstryd verloor het nie en twee van die top-drie skole in Suid-Afrikaanse rugby in 2016 gehad het.

Kwagga was in die Leeus-beginspan vir die wedstryd. Die eerste helfte het die WP met baie druk en goeie spel teen halftyd met 20ā€“10 voorgeloop. Na ongeveer vyf minute in die tweede helfte het Kwagga ‘n aangee van die WP se Damian Willemsege onderskep en na ‘n goeie lopie die bal vir sy vleuel gegee wat mooi afgerond het. Die telling was toe 20-17 vir die WP, wat die wedstryd uiteindelik met 27ā€“20 gewen het.

Na afloop van die toernooi is Kwagga in die o.17 High Performance-groep opgeneem om ‘n oefenkamp van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) gedurende die skoolvakansie in Wellington in die Wes-Kaap by te woon. Die kamp is deur 65 o.17-rugbyseuns van regoor Suid-Afrika bygewoon. Die spelers het verskeie toetse ondergaan en hulle het behoorlik soos Springbokke gevoel. Die seuns het ook klere ontvang wat Asics geborg het.

Kwagga was ook vir die Goue Leeus se o.17-span gekies wat aan die Provinsiale 7’s-toernooi by Durban High School in Oktober deelgeneem het. Daar het die Leeus net teen die Vrystaat verloor en was die Plaat-wenners. In die Plaat-finaal teen die Griffons het Kwagga twee manne geklop om die wendrie vir die Leeus te druk.

Lees Ook

Craven Week rugby in full swing

Craven Week – Where heroes are made

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button