Jannas en gholf is sinoniem

Van Jannas se spelers het hul gholfvaardigede ten toon gestel en verbeter.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) en gholf is sinoniem.

Die skool se gholfspelers het gedurende die Oktober-vakansie na Parys in die Vrystaat gereis om hul gholfvaardighede ten toon te stel en verder te verbeter.

Hulle het op gholfbane soos Vaal de Grace, Maccauvlei, Parys en Heron gespeel, wat baie bekend is in Suid-Afrikaanse gholfkringe.

Die skool het ook ‘n suksesvolle gholfliga gehad waaraan ses van hul spelers deelgeneem het.

“Baie dankie aan Ruan Pretorius en Broodwa Oberholzer wat hierdie leerders vergesel het,” het Tamaryn Smith, Jannas-woordvoerder gesê.

Corrie Appercryn is een van Jannas se gholfspelers wat gedurende die Oktober-vakansie na Parys in die Vrystaat gereis het om gholf te speel. Foto: Ingestuur

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version