CrimeNews

GPF, polisie en sekuriteit waarsku misdadigers

Sektor 5.6 GPF, polisie asook EPR staan hierdie feesseisoen bankvas agter die gemeenskap teen misdaad.

Die Sektor 5.6 Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in samewerking met die polisie en EPR Sekuriteit het onlangs ‘n bewusmakingsgeleentheid aangebied. Hul boodskap is dat hulle oor die feesseisoen met die publiek gaan saamstaan teen misdaad.

Die span patrolleer areas soos Bootha-plotte, Loumarina, Ooster, Dwarskloof en Wheatlands.

Henry Boyce van die Sektor 5.6 GPF het die bewusmaking gereël. Die doel was om nie net die gemeenskap van hul teenwoordigheid bewus te maak nie, maar ook om kriminele te laat besef dat die gemeenskap deur die GPF, polisie en EPR Sekuriteit ondersteun word en dat misdaad nie geduld gaan word nie.

Die veiligheidsbeweging van die GPF Sektor 5.6 het ‘n jaar terug ontstaan. Dit is hul beleid om binne die raamwerk van die wet op te tree.

Adjudant-offisier Rupert van Zyl saam met kaptein Moray Slabbert, Henry Boyce van Sektor 5.6 GPF en Paul Putter van EPR Sekuriteit.
Adjudant-offisier Rupert van Zyl saam met kaptein Moray Slabbert, Henry Boyce van Sektor 5.6 GPF en Paul Putter van EPR Sekuriteit.

Daar is tans 18 GPF-patrolleerders in die sektor wat elke aand die areas patrolleer. Die sektor vra dat die gemeenskap betrokke moet raak om die areas veilig te hou. Die bewusmaking sal op ‘n gereelde basis in samewerking met die polisie plaasvind om kriminele uit die areas te verwyder.

Die GPF-patrolleerders dra hemde of baadjies met hul name en die GPF-kentekens daarop, asook ‘n identiteitskaart waaraan elkeen uitgeken kan word.

Gemeenskapslede wat belang stel om by die sektor aan te sluit, kan gerus vir Henry Boyce skakel by 073 444 5864. In geval van nood kan die gemeenskap 011 357 1058 skakel vir hulp.

Kort voor die bewusmakingsgeleentheid het die Herald op ‘n geweldtoneel in Elizabethstraat afgekom. Lede van die gemeenskap het dadelik gestop en hulp verleen. Boyce was eerste op die toneel. Daarna het EPR en die polisie kom help en reeds hier het die Herald eerstehands hul flink en vinnige optrede waargeneem. Die span wil graag ook Jeany Blignaut van Netcare 911 bedank vir hul bystand.

Lees meer:

Victim hunts down burglar

No escape for alleged burglar

National crime stats released

‘Gauteng police losing the war on crime’— DA

Burglar jailed for 21 years

Burglar caught on camera

Three suspects caught after attempted burglary

 

Related Articles

Back to top button